Pieter Hugo, Sarie se foto-redakteur, het nie net die eerste keer in jare begin oefen nie, maar ook ophou rook.
Pieter is 'n sterkgeboude jongman, sou my ouma hom beskryf. Hy is redelik lank, en lyk soos 'n ware boerseun. Hier is geen teken van tingerige armpies en beentjies nie.
Advertisement
Hy het so vyf, ses weke terug, dadelik ingewillig om aan die program deel te neem, toe ons hom genader het.
Hy vind die program redelik maklik. Hy sukkel glad nie met die gewigte nie, en oefen hard as hy oefen. Maar weens groot werkdruk - daar moes letterlik 'n paar bylaes tegelykertyd versorg word in die besige Sarie-kantoor - kon hy twee weke lank glad nie by 'n gimnasium uitkom nie. En toe kry die slegte Kaapse griep hom beet. Maar hy is nou weer op die herstelpad, en sal volgende week weer sy program hervat.
Maar een van sy grootste prestasies is nie net dat hy die oefenprogram volg nie, maar dat hy ophou rook het. Pea Blaauw, biokinetikus, verduidelik dat mense wat ophou rook, se metabolisme verstadig en dat hulle dan gewig optel. Maar Pieter se geoefen het hom gehelp om glad nie gewig op te tel nie, maar in der waarheid gewig te verloor. Die biokinetikus is baie in sy skik met Pieter se vordering, veral in die lig van sy rookstaak. Hy reken dat Pieter van nou-af teen 'n baie goeie tempo vetmassa gaan afskud en spiermassa gaan bou. "Hou maar dop," is sy opdrag aan ons.
Bookmark with:
What are social bookmarks?