Alta moes weens karpale tonnel sindroom tydens swangerskap haar oefeninge met gewigte staak. Sy kon dit nie meer met haar hande vasvat nie. Haar hande was die ene speldpriksensasie.
Maar sy stap steeds elke dag 5km. Sy het 'n goeie vriendin nader gesleep en hulle het tot kort voor die geboorte van haar baba elke dag 'n lang ent gaan stap, so vinnig as wat hulle kon.
Advertisement
Hoewel Alta nie veel spiermassa bygekry het nie, het haar baba se beenmassa besonder goed toegeneem. Sy ondervind ook geen sooibrand solank sy die Weigh Less eetplan getrou volg nie.
Beide haar biokinetikus en ginekoloog is baie tevrede met haar en haar baba se toestand. Alles is nou in plek sodat sy so gou moontlik ná Annabelle se koms weer haar figuur kan terugkry.
Alta se stats voor die uitdaging:
Gewig (kg) 77,5 kg (op 4 maande swangerskap gemeet),br>
Lengte (m) : 1,67
Vet (kg): 22,65
Spier (kg): 26,89
Stats 4 weke later
Gewig (kg): 77 kg op 7 maande swangerskap
Lengte (m): 1,67
Vet (kg): 21,89 kg
Spier (kg): 26,89 kg
8 weke later
Gewig (kg): 78.5 kg op 8 maande swangerskap
Lengte (m): 1,67 m
Vet (kg): 23.46 kg
Spiere (kg): 26.24 kg (/p>
Bookmark with:
What are social bookmarks?