Haar wenke
1. Moenie ophou met oefening as jy swanger is nie. "Ek het drie maande lank naar en sleg gevoel en nie gehou van hoe my borste groter word en hoe ek voel nie. Ek weet baie vroue hou daarvan, maar ek het nie. Ek het skoon depressief begin voel. Vandat ek oefen, voel ek weer positief oor myself. En ek het baie energie," verduidelik Alta.
Advertisement
2. Begin net oefen, al voel jy nie lus nie. As mens moet wag om lus te voel gaan jy dalk nooit begin nie. Doen dit net!
3. Luister na jou liggaam. Ek sê dadelik vir my biokinetikus as 'n oefening my ongemaklik laat voel, of op my maag druk. Hy pas my program heeltyd aan soos my swangerskap vorder. Met slegs agt weke voordat Annabelle gebore word, raak ek nogal groot, maar ek sal graag wil oefen so lank ek kan, al is dit ligter.
4. Gee aandag aan wat en hoe jy eet. Ek volg Weigh Less se eetplan en is nooit honger of moeg nie.
Bookmark with:
What are social bookmarks?