Maryke Cumpsty, SARIE se kreatiewe bestuurder het probeer oefen terwyl sy twee weke lank met vakansie was, maar dit het maar geknor.
Sy het darem nie te veel met die etery verneuk nie.
Advertisement
Ondanks die feit dat sy minder geoefen het, het sy nogtans 'n verdere 1.76 kg vet afgeskud en binne agt weke altesame 6.84 kg vet verloor. Haar totale gewig het met 4.5 kg verminder. Sy is gerat om die beste uit die laaste vier weke te haal.
Haar statistieke
Maryke se statistieke lyk soos dié van menige ander vrou van haar ouderdom. Sy is oorgewig, maar beslis nie obees nie. Maar sy voel ongemaklik genoeg daaroor om iets daaraan te wil doen.
Bookmark with:
What are social bookmarks?