Advertisement
6 steps to weight loss
Weight loss needn't be difficult. Follow these steps to a new, slimmer you.
Hospital plan, or scheme?
Medical scheme membership is expensive. Is it worth it, or is a hospital plan enough?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT FITNESS GUIDESI WANT TO...
 Maryke Cumpsty
Maryke Cumpsty: weke 1 - 4

Maryke Cumpsty, hoof van Sarie se promosie-afdeling(met die titel Kreatiewe Bestuurder), is 'n maltrap, wou gewig verloor en was lus vir 'n uitdaging.

Maryke was glad nie in haar skik met haar lyf na die geboorte van haar babaseun nie. Sy kon nie meer in haar ou klere inpas nie, en het net glad nie goed gevoel oor haar lyf nie.

 
Advertisement
"Nee," het sy gedink. "Ek wil enigiets kan dra. Van 'n kort toppie wat dan my nuwe mooi gevormde bo-arms wys, tot 'n vleiende swembroek, sonder 'n sarong of 'board short'".

Haar statistieke
Maryke se statistieke lyk soos dié van menige ander vrou van haar ouderdom. Sy is oorgewig, maar beslis nie obees nie. Maar sy voel ongemaklik genoeg daaroor om iets daaraan te wil doen.

Haar stats voor die uitdaging is:

  • Gewig: 73 kg
  • Lengte: 1.73 m
  • Vetmassa: 18.45 kg
  • Spiermassa: 29.62 kg

Haar stats 4 weke later:

  • Gewig: 70 kg
  • Lengte: 1.73 m
  • Vetmassa: 13.37 kg (meer as 5 kg vet verloor)
  • Spiermassa: 30.55 kg (byna 1 kg spiere gebou)

Dinge het alreeds verander
Almal by Sarie kan al sien dat Maryke se klere al losser sit. Sy pas in klere in wat sy lank voor haar swangerskap laas gedra het. Sy het tot onlangs 3 keer per week geoefen (2 keer spiere en een keer kardio) en oefen nou 5 keer per week (3 keer spiere en 2 keer kardio).

Sy het 5 kg liggaamsvet in 4 weke verloor, en 1 kg spiere bygekry, en kan nie glo dat haar lyf al so baie verander het met so min moeite nie. Sy volg die Porsieplan eetplan en vind die eetplan nie moeilik nie. "Ek is nooit honger nie, ek is nie buierig nie, ek voel energiek en ek verloor gewig. Ek voel tevrede."

Haar wenke

  • Dis die eerste keer dat ek aan 'n oefenplan deelneem en van die eerste dag af beter begin voel. Ek kan letterlik voel hoe ek elke week sterker raak en ek sien die veranderings aan my lyf. Ek hoef nie eens op die skaal te klim nie, ek sien en voel dit.
  • Oefen saam met vriende in 'n groep as jy kan. Dit help vir die motivering.
  • Wees bedag daarop dat die derde week dalk moeilik kan wees. Ek moes myself dwing om te gaan, maar is baie bly ek het deurgedruk.
  • Die nuwe eetplan is nie moeilik nie, en ek kon gou daarin slaag om my vetkosse te verminder en suiker stelselmatig te sny. Ek drink nou en dan 'n glasie wyn.
  • Doen bietjie moeite en beplan jou etes. Met al die eetplanne moet jy 6 keer per dag eet. Dis die moeite werd om so te beplan. Die resultate maak alles die moeite werd.

 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Analyst Developer (Contract)
R25,000-35,000 Per Month
Western Cape
Senior Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Assistant Financial Manager (Contract)
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Accounts Payable Team Leader
R300,000-350,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Corporate Finance Manager (Chartered Accountant) AA preferred
R500,000-620,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Senior PHP Developer
Western Cape
Data Capturer
Gauteng - Pretoria

 
Previous article: Next article:
  Maryke se foto's
Goal : 
Gender : 
Male Female
 Fitness level : 
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Maryke Cumpsty: weke 1 - 4
Maryke se foto's
Maryke: weke 5 - 8
Maryke se wenke
 RELATED ARTICLES
Mariëtta Kruger: weke 1 - 4
Mount Grace
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement