Marietta is in die tweede vier weke van haar program (week 5 - 9) platgetrek deur griep. Sy kon net twee weke lank oefen.
Dit het groot wilskrag geverg om die program te hervat. As mens siek is, verswak die liggaam, en die spiere werk minder. Die gevolg is dat die liggaamsmetabolisme begin afneem. Mens moet minstens 10 dae wag nadat jy gesond geword het indien jy 'n virussiekte onder lede gehad het - soos griep - voordat jy weer moet oefen. En dan voel mens moeg en regtig nie lus vir oefen nie. En as mens se longe ook nog swaar kry na 'n bronchitis, soos met Marietta gebeur het, is dit ekstra moeilik om weer aan die gang te kom. Maar sy het. En as sy kan, kan almal wat deur
Advertisement
dieselfde slaggate worstel.
Sy kon omtrent net tien dae van die vier weke oefen, maar het nogtans nog vetmassa verloor en het nou altesame 7.6 kg vet verloor. Sy het inderwaarheid bietjie spiermassa verloor.
Haar statistieke lyk nou so:
Voor die uitdaging:
Gewig: Geheim
Lengte: 1.63m
Kg vet: 28.6
Kg spiere: 28.1
4 weke later:
Gewig: 6.2 kg minder
Lengte: 1.63m
Kg vet: 23.7
Kg spiere: 28.4
8 weke later
Gewig: 7 kg minder
Lengte: 1.63 m
Vet (kg): 20.1kg
Spier (kg): 27.43kg
Bookmark with:
What are social bookmarks?