Marietta het binne die eerste vier weke meer as 6 kg verloor en is reeds 'n rokgrootte kleiner. Haar middellyf alleen is meer as 12 cm kleiner.
"Dis lekker om fikser te wees. Ek het reeds meer woema, en kry baie meer gedoen. Ek geniet dit veral om in my tuin te werk noudat ek meer krag het."
Advertisement
Sy oefen 5 keer per week en volg die PlusMinus eetplan (opsie 2). Sy wou nie haar gewig verraai nie. Ons dui aan hoeveel kilogramme sy elke vier weke afskud.
Haar wenke:
- Beplan jou dag goed om seker te maak dat jy jou oefensessie inpas. Ek moet dinge fyn uitwerk om my draaie te kry, maar dis die moeite werd.
- Gaan doen net jou oefening sonder om te veel daaraan te dink.
- As jy 'n oefensessie mis, vergewe jouself en gaan net die volgende dag voort.
Bookmark with:
What are social bookmarks?