Advertisement
Holiday pet care
You're packed and ready to go. For two weeks into the blue yonder. What about your pets?
No default organ donation
Make everyone an organ donor unless they opt out? The Brits have decided not to.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT FITNESS GUIDESI WANT TO...
 RSG
Hoe jy aan Maklik Fiks II kan deelneem

Die program is maklik om te volg.

Stap 1.Jy het gehoor van die RSG/Health24 “Maklik Fiks II” – uitdaging, en dat twee luisteraars 'n dag by die RSG-ateljees in Aucklandpark, Johannesburg kan wen, asook 'n geleentheid om saam met Niekie van den Berg en Suzaan Steyn programme aan te bied.

 
Advertisement
Voorts gee Gesondheid Sonder Grense se programborg, BESTmed, aan die twee wenners elk 'n noodhulptas ter waarde van R500, asook drie maande gratis gimnasium-lidmaatskap. Die tien luisteraars wat die beste vaar en wat aan BESTmed mediese skema behoort, kry elk R500 in hulle mediese spaarplan.

Stap 2.Besluit sommer nou watter vier dae van die week en watter tye van die dag jy eenkant gaan sit vir oefening. Al wat ons vra, is dat jy so 30 minute vier keer per week afstaan aan jou oefenprogram. Sal dit Maandag, Woensdag, Vrydag en Saterdag wees? Of sal Maandag, Dinsdag, Donderdag en Sondag die beste vir jou werk? Is jy iemand wat makliker soggens oefen, of dalk oor middagete, of liefs saans? Besluit watter tye en ure jou die beste pas, en skryf dit in jou dagboek sodat geen ander afspraak jou oefen-afspraak kan vervang nie.

Jy kan kies of jy net die stap/drafprogram gaan volg wat ons elke Woensdagaand tussen 9.15 nm en 10 nm. op Gesondheid Sonder Grense sal uitsaai, en of jy bietjie ekstra oefeninge tuis of in 'n gimnasium gaan doen. Hoe meer jy oefen, en hoe strenger jy by die eetplan hou, des te beter kan jou resultate wees.

Stap 3.Maak 'n afspraak by jou dokter, apteker, verpleegster of enige verantwoordelike persoon wat bereid is om jou te weeg en te meet en die syfers te onderteken. Jou gewig, heup-omtrek en middellyf-omtrek moet gemeet word, die data moet op 'n bladsy ingevul word saam met jou naam, adres, en telefoonnommer, en onderteken deur jou dokter/apteker/verantwoordelike persoon. Dieselfde mates en gewig moet aan die einde van die 8 weke geneem word en gefaks word aan Maklik Fiks II, Health24, faksnommer (021) 4063589.

Stap 4. Luister elke Woensdagaand tussen 9.15 nm en 10 nm na Gesondheid Sonder Grense op 101 - 104 FM vir elke week se eet- en oefenplan. Die bykomende oefenplan sal op Health24 beskikbaar wees.

Stap 5.Trek weg!

As jy tuis wil oefen, bestel jou Opti-trekrekke en –oefenplan teen R245 per stel. Klik op Health24.com se “Shop” –ikoon.

Stap 6.Bel in na Gesondheid Sonder Grense en vertel van julle vordering op aande wat Suzaan Steyn die luisteraars nooi om van hulle vordering te vertel.

Stap 7.Die inskrywings sluit op 31 Mei 2006. Die wenners sal op 7 Junie aangekondig word.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 
Previous article: Next article:
Die pryse vir MF II PlusMinus eetplan MF II
Goal : 
Gender : 
Male Female
 Fitness level : 
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Die pryse wat twee luisteraars kan wen
Hoe jy aan Maklik Fiks II kan deelneem
Die PlusMinus eetplan vir Maklik Fiks II
Maklik Fiks II Oefenplan
Hoe groot is 'n porsie?
Tuisoefenprogram (sonder apparate)
Isometriese oefenprogram (sonder apparate)
10 vrae oor vitamiene
Vet en gewigsverlies lę in jou gene
Fiksheidsmites en feite
Hoeveel oefening is genoeg?
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement