In hierdie oefenprogram word statiese spierkontraksies as weerstand gebruik. Geen oefenapparate is nodig nie en die oefeninge kan maklik tuis, in die kantoor of in 'n voertuig gedoen word.
Spiergroep
Oefening
Repetisies
Rug en biseps
Trek stuurwiel / lessenaar (met gebuigde arms en sonder dat
objek beweeg)
10 x 5-10 tellings
Bors
Druk met handpalms teenmekaar (elmboë wys na buite)
10 x 5-10 tellings
Triseps
Druk af op stuurwiel / lessenaar met handpalms na onder
10 x 5-10 tellings
Bene
Sit op stoel met hak op vloer; trek hak terugwaarts, maar
plaas genoeg afwaartse druk op hak sodat daar nie beweging na agter
plaasvind nie
10 x 5-10 tellings
Bene
Plaas 'n sagte voorwerp (bv. 'n bal) tussen knieë; druk
knieë na mekaar
10 x 5-10 tellings
Kuite
Lig hak op deur kuitspier saam te trek; hou posisie bo vir
5-10 tellings
Bookmark with:
What are social bookmarks?