Advertisement
The real killer of our time?
Quick: what causes heart disease, diabetes and cancer? It may be inflammation.
The truth about HRT
So, is hormone replacement therapy a good idea, or not? Get some good news right here.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Food as medicine
 Sex
 Natural health
 Depression
 Alzheimer's
 Addiction

[mainhead]
Word MAKLIK FIKS met GESONDHEID SONDER GRENSE en drie gewilde RSG-aanbieders, en staan 'n kans om twee nagte in 'n luukse spa te wen.
Kies een van drie programme om oor agt weke 5 km flink te kan stap of draf, 30 km fiets te ry of 24 lengtes van 'n 25m gimnasium-swembad te swem, en staan 'n kans om een van verskeie wonderlike pryse te wen. Van die groot pryse sluit in: twee nagte vir twee by die luukse Sante Winelands Hotel & Wellness Centre in die Boland, twee nagte vir twee by die luukse Mount Grace Country Hotel & Spa in die Magaliesberg, of twee nagte vir twee mense in die luukse Kievits Kroon Country Lodge en hope ander pryse.

Saam met die fiksheidsprogram is ook 'n maklike PlusMinus week-vir-week eetprogram.

Drie gewilde RSG-aanbieders, Niekie van den Bergh, Amanda Olivier en Shemane Harris, het dieselfde program gevolg, maar met bykomende spieroefeninge - en elk meer as 9kg in agt weke verloor! Lees meer

Luisteraars en lesers wat byvoorbeeld Niekie se program (spesiaal aangepas vir mense met rugbeserings of wie rugoperasies ondergaan het), of Shemane en Amanada s'n wil volg, kan dit hier op Health24.com vind en volg. (Sien hieronder). Niekie se volledige dieet is ook op die webwerf.

Vra enige vrae oor hierdie of ander oefenprogramme aan ons kundige, Louwrens Briel, deur bloot op die skakel te kliek. Hy sal alle vrae binne 72 uur beantwoord.

Stap/draf 5 km
Die stap/draf program vir beginners skop stadig af, en versnel geleidelik. In die eerste sessie stap jy 20 minute. Dis vir alle mense wat onfiks is, en weer fiks wil word. Dit behels vier stapsessies per week. Jy kan buite stap, of binne op 'n trapmeul. Jy kan die flink stap (draf) tussen die stappery spasieer of alles op een slag doen. Jy moet nog kan praat wanneer jy stap. Moenie te veel oor die oefening dink nie: sit net 'n spesifieke tyd op Donderdae, Saterdae, Maandae en Woensdae opsy en doen dit net.
Ry 30 km fiets
Met hierdie program sal jy oor 8 weke 'n 30km-fietsren met gemak kan voltooi. Die program is vir beginners (onfikses) en begin met 20 minute per dag. Jy kan op 'n oefenfiets tuis of in 'n gimnasium oefen of op 'n "regte" fiets in die buitelug.
Swem 24 25m lengtes
Met hierdie program sal jy oor 8 weke in staat wees om 24 lengtes van die swembad in jou gimnasium baas te raak. Die program is vir beginners en begin met 5 lengtes op die eerste dag.
PlusMinus Eetplan/Eating plan
Waarom as mens geleidelik begin oefen om fiks te word, moet mens met 'n dieet eensklaps reg eet? Met die uitsonderlike dieet, of eerder eetplan, dieet mens stap-vir-stap, en stukkie vir stukkie. Niks se geweeg en getellerye nie. Al wat jy moet onthou is twee nuwe beginsels per week, een van kos wat jy moet wegneem (Minus) en een van kossoorte wat jy moet byvoeg (plus). Jy mag onmiddellik na die week waarin jy niks van die Minus-kos ge-eet het nie, hierdie kos weer eet - maar net een porsie per week.
Amanda se program
Amanda doen, saam met die stap/drafprogram wat al die luisteraars volg, ook 'n porgram om haar spiere te versterk. Hier is die program wat sy volg. Dit is uitgewerk deur biokinetikus Louwrens Briel.
Shemane se program
Die program sluit bykomende spieroefeninge in, met die 8-week lange aerobiese program wat weekliks op Gesondheid Sonder Grense aangebied word. Dit is vir beginners en onfikses. Hier is dit.
Niekie se program
Niekie se program is spesiaal saamgestel vir hom, maar is geskik vir alle mense met rugbeserings of wie rugoperasies ondergaan het. Die program word op Vrydag 11 Februarie geaktiveer.
Niekie se dieet
Ons het 'n dieetkundige, Amanda van Huyssteen, versoek om 'n eetprogram vir Niekie saam te stel. Dit is geskik vir alle mense wat hul risiko vir suikersiekte en hartsiektes wil verlaag, en ook gewig wil verloor. Hier is dit.
Pryse te wen
'n Groot dankie aan die borge van die GSG en Health24 Maklik Fiks kompetisie en die pretstap by die KKNK op 30 Maart om 7 vm vanaf die RSG verhoog: Sante Winelands Hotel & Wellness Centre en Mount Grace vir wonderlike, wegbreek Spa-pryse, Cardiogenesis vir oefenfietse, Virgin Active, DunSlaz, So!Go, Sportsmans Warehouse, Clicks en Falke.
 
Advertisement
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.