Neem jy deel aan die SARIE/Health24-fiksheidsuitdaging wat jou binne 12 weke (en dus voor Kersfees) 'n nuwe lyf kan gee? Ontmoet die kundiges wat al jou vrae sal help beantwoord:
Louwrens Briel
Hierdie biokinetikus van Gauteng het Mark Pilgrim gehelp om sy maag tot mooi gespierde rippels te omskep. Hy het Niekie van den Berg gehelp om 9 kg liggaamsvet binne 8 weke af te skud. Hy neem Mariëtta Kruger onder hande.
Pea Blaauw
Pea sal die biokinetici landwyd koördineer in die kompetisie. Hy neem die sangeres Alta Joubert, Maryke Cumpsty en Pieter Hugo onder hande.
|