Advertisement
Chuck out expired meds
Expired medicines are dangerous - but how can you get rid of them safely?
On an empty stomach
Should you eat before or after your daily exercise? DietDoc settles this question.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
DO THIS:TEST/QUIZ YOURSELFGREAT DIET GUIDESI WANT TO...
 SARIE 10-dag-eetplan
Nommerpas-lentelyf

Verloor TOT EN MET 2,5kg in 10 dae
…En doen dan so voort…

As die volgende stellings jou soos ‘n handskoen pas (terwyl jou klere 'n raps te styf span), het Sarie die oplossing vir jou:

  • Jy wil hierdie somer in jou baaibroek op die strand sit, sonder om onder ‘n groot sambreel, groot handdoek of minstens ‘n groot sonbril te skuil.
  • Jy wil gewig verloor, maar wil dit op die regte en gesonde manier doen, maar weet jy sal meer moed skep as jy net aan die begin vinniger ‘n kilo of wat kan afskud.
  • Jy wil nie te veel dink oor wat jy moet eet nie. Alles moes sommer duidelik vir jou uitgespel word.
  • Jy wil dan jou lentelyf hou deur die somer, verby volgende winter, en die een daarna en daarna…

Jy hoef nie verder te soek nie.


Health24.com het met dieetkundiges Irene Labuschagne en Celeste Naudé van die Voedingsinligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch (NICUS) saamgespan om jou ‘n eetplan, maaltyd vir maaltyd en byna kriesel vir kriesel te bring wat jou binne tien dae tussen 1,5 en 2,5kg kan laat afskud. Dis gesond en gebalanseerd en so uitgewerk dat dit jou energiek sal laat voel al eet jy effe anders.

Daar is meer. Die tiendagplan is net die begin. Die dieetkundiges gaan in die daaropvolgende uitgawe van Sarie vir jou wys presies hoe om met jou dieet voort te gaan sodat jy voortgaan om geleidelik gewig te verloor.

Maar vir eers gaan hierdie splinternuwe tiendag-eetplan jou help om net ‘n raps vinniger uit die wegspringblokke te kom. Die twee eetplanne saam sal jou beslis laat gewig verloor. Dit is boonop goed vir jou hartgesondeid en hou ook baie ander gesondheidsvoordele in.

Dan kan gesonde eetgewoontes ook help om veroudering te vertraag, sê prof. Ronald Pero, DNA-navorser van die Lund Universiteit in Swede.

Hoe kan wat jy eet die verouderingsproses vertraag?
Volgens prof. Pero dui al meer studies daarop dat wat jy eet en hoe jy lewe wel ‘n invloed kan hê op jou verouderingsproses. As jy reg en gesond eet, kan jy langer jonk bly en voel, sê hy.

Dit werk só:

  • Buiten die gewone dinge soos dat minder vetterige kosse jou bloedvate langer gesond hou, blyk dit dat sommige kosse bydra om ‘n inflammatoriese reaksie in selle te verminder. Al meer siektes – selfs hartsiektes, Alzheimersiekte, artritis, diabetes en nog ‘n magdom ander siektes wat meer onder ouer mense voorkom – word nou verbind met inflammatoriese prosesse in die liggaam se selle. Voortdurende laegraadse inflammasie lei tot selskade, siektes en veroudering. As mens hierdie prosesse kan verminder, kan die liggaamselle en die mens langer gesond bly.
  • Dit blyk dat groente, vrugte en neute, vis met donker vleis soos sardyne, tuna en salm (wat baie omega-3-vette bevat), volgraan- en saadbrode, ruveselkosse soos growwe hawermout en kosse wat eerder gesonder olies soos kanola-, olyf-, amandel- of avokado-olie bevat, die selle langer jonk en gesond hou. Kosse wat baie verfynde koolhidrate – soos wit brood en wit rys - kosse met baie dierevette, kosse wat in baie vet gebraai is of baie versteekte vet bevat soos byvoorbeeld muffins en slaptjips en kosse met baie suiker, soos soet vrugtesappe en lekkers, die inflammatoriese prosesse aanskakel.
  • Voorts blyk dit dat as mens ‘n gebalanseerde dieet volg en genoeg vrugte en groente eet, jy antioksidante in net die regte kombinasies inkry om jou liggaamselle gesond en sterk te hou.

Meer oor die tiendag-eetplan:
Dis uitgewerk vir vroue wat of onaktief of matig aktief is. As jy dus ook begin om net 20 – 30 minute elke dag te stap – selfs teen ‘n pas wat jy nog met jou stapmaat kan gesels, het jy ‘n goeie kans om jou doelwit te bereik, en om nie weer gewig op te tel nie.

Die eetplan het baie onverfynde koolhidrate en vesel (ongeveer 25g per dag), minder vet as wat die gemiddelde Suid-Afrikaner gewoonlik eet, maar steeds genoeg, en genoeg proteïene. Dit sluit vyf of meer porsies vrugte en groente en twee tot drie porsies vetvrye suiwel in. Die eetplan is ontwikkel om ‘n gewigsverlies van 1,5 tot 2,5kg oor 10 dae te bewerkstellig. “Ons beveel aan dat mense minstens vier glase skoon, veilige water per dag drink bo en behalwe die vloeistof in die eetplan,” sê Irene.

Opsomming van die eetplan:

Gemiddelde voedingsamestelling van die eetplan oor 10 dae:

New Page 1
Energie (kJ) Koolhidrate Proteïene Vet Vitamiene en Minerale
5000 kJ 140 gram 70 gram 30 gram ± 60 - 150% van die aanbevole dieettoelatings

Belangrike verklarende riglyne vir gebruik saam met die eetplan:

  • t = teelepel; k = koppie (200 - 250ml)
  • Gebruik die medium-grote brood (nie die heel grote nie) met dun winkelsnye
  • 1 glas vloeistof = 1 glas water / dieetkoeldrank / swart rooibostee/kruietee – sonder suiker of met kunsmatige versoeter
  • 30g kaas = 5 dun snye / vuurhoutjieboksie-grote
  • Medium-vet kaas = enige verminderde-vet kaas (lees etiket)
  • Alle disse moet sonder bygevoegde olies/vette/suiker voorberei word, tensy anders aangedui
  • Gebruik kunsmatige versoeter vir tee en pap, indien verkies
  • Jogurt = vetvry en ongegeur of kunsmatig-versoete vrugtejogurt
  • Mengelslaai kan gegeur word met 'n bietjie balsamiese asyn of suurlemoensap
  • Tee of koffie: sonder suiker of met kunsmatige versoeter en ¼ k (±40ml) vetvrye melk
  • 1 sny volgraanbrood kan vervang word met 3 volgraan-kraakbeskuitjies, soos verkies
  • Ontbyt: 2 snye volgraan-roosterbrood met kaas kan vervang word met 1 k volgraan-ontbytvlokkies met ½ - 1k vetvrye melk, soos verkies

Advertisement

 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R380,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Treasury Specialist
R300,000-380,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
JAVA DEVELOPER (YL028 – 04/09)
Gauteng
DELPHI DEVELOPER (YL023 – 04/09)
R320,000-360,000 Per Annum Cost To Company Market Related
Gauteng
Senior and Lead .NET Developers (C#.NET, Arc, Design, Code.)
R300,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
A C# Developer (C Sharp Developer)
Gauteng - Johannesburg
A C++ Developer (Software Developer)
Gauteng - Pretoria

 
Previous article: Next article:
  SARIE 10-dag-eetplan: Deel 1
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Nommerpas-lentelyf
Leef gesond
Op pad na jou somerlyf
Dieetriglyne
 



 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres