Advertisement
The real killer of our time?
Quick: what causes heart disease, diabetes and cancer? It may be inflammation.
The truth about HRT
So, is hormone replacement therapy a good idea, or not? Get some good news right here.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Weigh Less Gallery

Other
Voedsel-intoleransie dalk oorsaak van sommige siektes
Deur die voedselsoorte uit te skakel waarvoor jou liggaam sensitief is, kan jy dalk jou migraine, sinusprobleem, spastiese dikderm, rumatoïede artritis of ander siekteprobleem uitskakel. 'n Toets is ook beskikbaar om voedsel-intoleransie op te spoor.

 
Advertisement
Anders as 'n voedsel-allergie, wat onmiddellik allergiese reaksies soos hooikoors of asemnood kan ontlok, ontwikkel voedsel-intoleransie teen spesifieke voedselsoorte oor dae, maande of selfs jare.

Die reaksie op voedsel-intoleransie is meestal nie lewensgevaarlik nie. Tog verbind navorsers migraine, sinusprobleme, 'n spastiese dikderm, rumatoïede artritis, chroniese moegheid, psoriase, wisseling in serotonien-vlakke (en gepaardegaande wisseling van buie, depressie, en 'n groot lus na sekere kossoorte), hiperaktiwiteit, mondsere, oorgewig, asma, ekseem en PMS aan voedsel-intoleransie.

Volgens die Amerikaanse navorsers ontwikkel byna alle mense een of ander tyd in hulle lewe een of meer voedsel-intoleransies.

Hoe ontstaan voedsel-intoleransie?

In die meeste gevalle ontwikkel mense voedsel-intoleransie teen 'n kossoort wat jy baie en gereeld eet, bv. koring, kitskosse of selfs blaarslaai.

Soos met 'n allergiese reaksie, ontstaan voedsel-intoleransie wanneer die liggaam die voedselsoort or chemiese stof skielik as “vreemd” herken en wil vernietig.

Erflikheidsfaktore, lewenstyl, omgewingsfaktore, interaksies met chemiese stowwe of medisyne, besoedeling, swak voedingswaarde van kos, en voedselbymiddels dra by tot al meer voedsel- en chemiese sensitiwiteit, 'n verswakte immuniteitstelsel en bykans 'n epidemie van voedselverwante siekteprobleme, aldus die navorsers.

Wat gebeur in die liggaam?

Normaalweg word mikroskopies-klein verteerde voedselpartikels in die dermkanaal deur die dermwand opgeneem tot in die bloedstroom. Groot kospartikels kan soms saam met klein partikels in die bloedstroom opgeneem word, veral as die dermwand weens ontsteking meer deurlatend word.

Dié groter molekules kan deur die hele liggaam versprei. Volgens die navorsers herken neutrofiel-witbloedselle dié molekules as vreemd en skei die neutrofiele dan meer as 50 verskillende chemiese stowwe af om dié molekules te vernietig.

Die neutrofiel-aksie kan ook skadelik wees: dit kan die endoteel-binnewand van die bloedvate beskadig, vette oksideer (wat hartsiektes aanhelp).

Voorts word die “vegtende” neutrofiele klewerig en koek aan mekaar vas. As dié neutrofiel-koek bars, stel dit al die chemiese stowwe in die bloedstroom vry, wat tot ontsteking van die dermwand kan lei.

Die liggaam kan só 'n aanslag inderdaad elke nou en dan baie goed hanteer. Sodra 'n kossoort wat jy baie gereeld eet, egter dié reaksie ontlok, kan die liggaam nie byhou om uurliks of daagliks dié aanslag af te weer nie.

Die behandeling

Indien die voedselsoort wat die inflammasie in die dermwand veroorsaak, geïdentifiseer en uitgeskakel kan word, kan die proses beheer word en die siekeprobleem dikwels opgelos word.

Die eerste maand ná die toetsing mag die pasiënt geen van die geïdentifiseerde kosse eet nie, maar word voorsien van 'n eetplan vir 'n gebalanseerde dieet.

In dié tydperk kry die dermwand kans om te herstel. Ná 'n maand kan die pasiënt geleidelik weer van die geïdentifiseerde voedselsoorte begin eet.

Die pasiënt kan só self vasstel watter voedselsoorte watter simptome watter simptome weer terugkeer, en - deur sekere kossoorte vir langer tye te vermy - groter beheer oor van sy siekteprobleme uitoefen.

Die suksessyfers

Hoewel baie dokters skepties is oor voedsel-intoleransie, het baie Suid-Afrikaners reeds gebaat deur hul diëte op grond van die uitslag van die voedsel-intoleransietoets aan te pas, het ‘n opname deur Markinor getoon. Die sukses hou grootliks verband met hoe getrou die persoon die dieet volg.

Die suksessyfers vir die onderskeie siektetoestande is as volg: migraine 78 %, ekseem (psoriase ingesluit) 67 %, artritis 77 %, diarree/hardlywigheid 73 %, hoofpyn 63 %, chroniese moegheid 71 %, spastiese dikderm 71 %, aknee 46 %, allergie 48 %, chroniese sinusitis 62 %.

Hoe toets 'n mens voedsel-intoleransie?

Deur 'n bloedmonster te neem en sowat 100 kossoorte en 30 chemiese stowwe se reaksie met neutrofiele te toets.

Die kosse wat 'n sterk neutrofiel-reaksie ontlok, is dié wat vermy moet word. Die neutrofieltoets is volgens 'n studie deur Vrystaatse navorsers 92 % akkuraat en betroubaar bevind.

Die koste per bloedtoets

Die koste van 'n bloedtoets hang af van die hoeveelheid voedselsoorte, bymiddels en medisyne waarvoor getoets word. Dit wissel van R750 (vir 50 voedselagente) tot R1950 vir 100 voedsel- en 30 chemiese agente.

Bloedmonsters word van oor die land na die laboratorium in Pretoria gekoerier, het Shelley Massyn van Food Sensitivity Laboratoy in Pretoria gesê.

Kontaknommers:

Shelley Massyn van die FS Laboratory: sel 082-822-3168; faks (012) 653-6211 of e-pos: G4612@cis.co.za
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Secretary
Gauteng - North/Sandton
Infrastructure Resource
Gauteng - Johannesburg
Management Accountant
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial and Project Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Accountant
R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Financial Accountant
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - South
Previous Next
 
Subscribe to...
*Daily tip
*Weekly tip
Want to subscribe to our newsletters?
Click here.
*Stand a chance to win R1000 every month!

 
 Other articles
10 vrae oor vitamiene
Hoeveel skop in die dop?
Voedsel-intoleransie: Die feite
Vergeet van dieet
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.