Advertisement
Flu-O-Meter
Runny nose, sniffing and coughing? Find out what the flu status in your area is.
A trip down sensory lane
A quiet space with an incredible energy: ONEwellness is breaking new ground.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Weigh Less Gallery

Other
Sportdrankies: Hoeveel skop in die dop?
Die rugbymanne drink dit halftyd, en die krieketouens ook. Baie mense drink dit terwyl hulle oefen, en ander hoop om lae energievlakke op te kikker selfs wanneer hulle nie oefen nie.

Gee een sportdrankie meer energie as 'n ander? Ons het by Annalie Smith, dieetkundige van die Leipoldt Sportkliniek, gaan kers opsteek.

 
Advertisement
Waarna moet 'n mens oplet?

  1. Die regte koolhidraat: Drankies wat glukose bevat, lewer vinniger energie as dié wat fruktose bevat, omdat fruktose eers in die lewer omgeskakel moet word na glukose. Glukosepolimere - wat nie 'n drankie so soet maak nie - word selfs nog vinniger geabsorbeer as glukose. Drankies met glukose, asook 'n goeie konsentrasie natrium, kalium en chloried, het drie voordele bó die drink van water: die glukose verhoed dat die bloedsuikervlak laag daal en gee kitsenergie, die elektroliete help dat meer vloeistof deur die liggaam geabsorbeer word as in die geval van water.
  2. Hoeveel koolhidrate vir energie: 'n Drankie moet minstens 6 - 10 g glukose per 100 ml vloeistof bevat om voldoende energie te verskaf vir mense wat langer as 'n uur oefen. Die liggaam absorbeer koolhidrate teen 'n maksimumtempo van 1 g/minuuut en kan dus maksimaal 60g/uur absorbeer. Drankies wat minder as 6g glukose/100 ml bevat, sal te min energie verskaf vir diegene wat ‘n uur oefen, en met meer as 10 g glukose/100 ml word die glukose deels nie geabsobeer nie.
  3. Wanneer? Mense wat oefen - of hulle'n uur oefen of twee ure - moet liefs die energiedrankies binne die eerste halfuur van oefening inneem sodat die drankies kans het om te begin werk. Diegene wat twee ure lank oefen, moenie die drankies eers ná 'n uur drink as hulle begin ontwater nie en dadelik kistenergie verwag nie. Dit duur 'n rukkie voordat die glukose geabsorbeer word, en nog langer voordat fruktose se energie beskikbaar word.
  4. Elektroliete: Natrium, chloried en kalium is die belangrikste elektroliete. Hoewel sommige mense glo dat spierkrampe die gevolg is van 'n magnesiumtekort, is die wetenskaplike bewyse nog nie voldoende om dié stelling 'n voldonge feit te maak nie.
  5. Vitamiene in energiedrankies gee nie kitsenergie nie, maar kan help, veral as jy die dag nie gesond geëet het nie. 'n Vitamienpil of -bruistablet is egter 'n goedkoper opsie vir vitamien-aanvullings.
  6. Kafeïen is 'n stimulant wat jou brein wakkerder maak en energiek laat voel. Kafeïen versnel die verbranding van vet in die liggaam. Die Suid-Amerikaanse bestanddeel guaraná is soortgelyk aan kafeïen. Die energiedrankie Guvi bevat onder meer guaraná.
  7. Taurien: ‘n Groot ophef word in sommige kringe gemaak van dié aminosuur wat volgens sommige wetenskaplikes moegheid beveg. Meer studies is egter nodig om dié aansprake te bewys.
Powerade
Voldoende koolhidrate in kitsenergie-vorm, en die regte elektroliete vir goeie absorbsie van vloeistof.

Energade
Voldoende koolhidrate in kitsenergievorm en voldoende elektroliete vir vinnige vloeistof-absorbsie.

ESR
Baie (te veel om te absorbeer) koolhidrate in kitsenergie-vorm.

Cytomax
Dit bevat genoeg kitsenergie-koolhidrate, en meer elektroliete. Die absorbsie van glukose en vloeistof is danksy dié hoë elektrolietkonsentrasie baie goed.

Isostar
Die produk kan verkry word in vloeistofvorm of die poeier kan teen die verlangde konsentrasie met water gemeng word. Genoeg kitsenergie-koolhidrate.

Fastfuel
Die verbruiker kan self die poeierdrankie meng en dus die konsentrasie glukose en elektroliete beheer sonder dat die drankie te soet word . Dié poeier word ook gebruik vir koolhidraat-belading vóór 'n energietappende langafstand sportgebeurtenis soos 'n marathon of fietstoer.

Red Bull
Red Bull bevat voldoende koolhidrate, asook B-vitamiene, kafeïen en taurien. 'n Mens kan netsoveel B-vitamiene inneem deur 'n volgraantoebroodjie te eet of 'n multivitamien-pil te sluk. 'n Blikkie Red Bull bevat soveel kafeïen soos drie tot vier koppies koffie. Taurien beveg moontlik moegheid.

Slotsom
Indien jy kitsenergie soek, kies een met meer as 6g/100 ml glukose of glukosepolimere, en voldoende natrium, chloried en kalium vir goeie vloeistof-absorbsie.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Accountant
Gauteng - North/Sandton
Financial Manager
R550,000-600,000 Per Annum
Central African Republic
Financial Accountant
R300,000-340,000 Per Annum
Gauteng
Treasury Specialist
R500,000-630,000 Per Annum
Gauteng - East Rand
Credit Manager
R300,000-400,000 Per Annum
Mpumalanga
Financial Manager
R27,000-30,000 Per Month
Gauteng - North/Sandton
Delphi developers
Gauteng - North/Sandton
Previous Next
 
Subscribe to...
*Daily tip
*Weekly tip
Want to subscribe to our newsletters?
Click here.
*Stand a chance to win R1000 every month!

 
 Other articles
10 vrae oor vitamiene
Hoeveel skop in die dop?
Voedsel-intoleransie: Die feite
Vergeet van dieet


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.