Advertisement
Screening tests for women
When should you be tested for what? Here's everything you need to know in a nutshell.
100 fascinating facts
Read these 100 interesting facts and impress your friends with your general knowledge.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
DO THIS:TEST/QUIZ YOURSELFGREAT DIET GUIDESI WANT TO...
 Afrikaans
Allergieë neem met rasse skrede toe

Twintig jaar gelede het dokters geskat dat sowat een tot twee uit twintig mense aan hooikoors, asma, ekseem of ander vorms van allergieë ly. Nou toon navorsing dat tot een uit elke vyf mense aan 'n allergie ly.

Advertisement
Met stuifmeel as een van die allergie-prikkels vir hooikoors en asma, is Suid-Afrikaners in die lente en somer meer as ooit vantevore van allergieë bewus.

'n Mens kan op enige ouderdom 'n allergie ontwikkel, maar kinders (en veral seuns) is die vatbaarste. Anders as wat medici aanvanklik gemeen het, blyk dit dat kinders nie juis allergieë ontgroei nie, maar net een allergie afskud om 'n ander een te ontwikkel. Dit blyk wel dat die intensiteit met ouderdom afneem.

Die immuniteitstelsel van allergiese mense "oorreageer" op allergene - stowwe wat skaars deur die oorblywende 80% van die bevolking se immuniteitstelsels opgemerk word.

Verskillende allergene kan verskillende simptome ontlok. Dit kan wissel van rooi en waterige oë, hooikoors, asma, 'n jeukende veluitslag, galbulte, diarree en 'n skielike verlaging in bloeddruk tot 'n skokreaksie en selfs bewussynsverlies.

Die meeste allergiese reaksies is bloot lastig, maar geen reaksie wat tot asemhalingsprobleme, slukprobleme of duiseligheid en bewussynsverlies lei, moet onderskat word nie. Dit kan lewensgevaarlik wees en kan noodbehandeling verg.

Verhoogde risiko
Sommige mense het 'n hoër risiko om allergieë te ontwikkel omdat omgewings- sowel as genetiese faktore ter sprake is.

Die genetiese faktore bepaal hoe jy op 'n allergeen reageer, maar die allergiese reaksie word eers in werking gestel as jy daaraan blootgestel word.

As albei ouers aan allergieë ly, is die kans 75% dat hul kinders ook allergiese reaksies sal ontwikkel. As dit net een ouer is, daal die kinders se kans tot 50%. As nie een van die ouers probleme ondervind nie, is daar steeds 'n 10%-kans dat die kinders een of ander allergie kan ontwikkel.

Navorsing het ook getoon dat kinders wat bakteriële of virusinfeksies van die neus, keel en lugweë ontwikkel voordat hulle ses maande oud is, 'n baie groter kans as ander kinders het om later allergieë en asma te ontwikkel.

Die belangrikste allergene

  • Stuifmeel: Die stuifmeel van die bloekom-, eike-, doring-, olyf-, wilger-, sipres- en plataanboom is die algemeenste, terwyl stuifmeel van kikoejoegras en fynkweek (Bermuda grass) veral hooikoors veroorsaak. (Besoek www.health24.com om vas te stel in watter maande dié bome en grasse stuifmeel vrystel.)
  • Huismyte: Dié piepklein goggatjies is 'n algemene oorsaak van asma. Hulle hou van warm, vogtige plekke soos matrasse en gestoffeerde meubels. Daar is gemiddeld 10 000 myte, wat van afgedopte mensvelletjies leef, in 'n matras.
  • Troeteldiere: Die velskubbe, droë speeksel en urine van katte, honde, rotte, muise, hase, marmotte, voëls, perde, koeie, hoenders en talle ander diere kan allergieë veroorsaak. Veral kat-allergene kan maande lank in die lug sweef en tas sowat die helfte van alle asmalyers aan. Budjiemis kan ook ernstige longprobleme veroorsaak.
  • Sigaretrook: Selfs passiewe rook veroorsaak asma.
  • Medisyne-allergieë: Die antibiotiese middels penisillien, amoksil, swawel-bevattende medisyne, barbituraat-behandeling teen epilepsie, insulien, sommige narkosemiddels en kleurstowwe wat ingespuit word vir sommige skanderings, kan allergiese reaksies ontlok.
  • Voedsel-allergieë: Sowat 2% van die volwasse bevolking en 2%-8% van kinders ly aan ware voedselallergieë. Die meeste daarvan word deur grondboontjies, eiers, suiwelprodukte, koring, neute, soja, vis en skulpvis veroorsaak.
  • Ander allergieë: By- en perdebysteke kan ernstige allergiese reaksies ontlok.

Wanneer moet jy jou dokter besoek?
Raadpleeg jou dokter as jy een van die volgende simptome het:

  • kwaai maagkrampe, naarheid, braking of diarree - dit kan voedselvergiftiging wees;
  • as jy moeilik asemhaal of pyn ondervind met asemhaling - dit kan asma of 'n hartaanval wees;
  • as jy skielik galbulte ontwikkel saam met 'n gejeuk en vinnige hartklop - dit kan die aanvang van 'n anafilaktiese skokreaksie wees;
  • pyn in jou sinusse, koors en 'n neus-afskeiding - dit kan 'n hardnekkige sinusontsteking wees;
  • 'n hoes en verkoue wat nie binne tien dae verdwyn nie;
  • 'n geswelde gesig, veral om die oë en van die lippe en mond; of
  • as die simptome skielik erger word of oor-die-toonbank-antihistamiene nie jou simptome verlig nie.

Onbehandelde hooikoors in kinders kan tot komplikasies soos gereelde oorontsteking en gevolglike spraakprobleme by jong kinders lei. Hoewel 'n kind met hooikoors en allergieë dikwels nie van simptome kla nie, kan hy kringe onder sy oë ontwikkel, sy jeukende keel met sy tong probeer "krap" en voortdurend moeg en geïrriteerd voorkom. Moenie dié simptome by jou kind ignoreer nie. (mhudson@health24.co.za, Augustus 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng

 
Previous article: Next article:
Hoeveel skop in die dop? Vergeet van uithongeringsdieet
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Gesondheidswenke
Sportdrankies: Hoeveel skop in die dop?
10 vrae oor vitamiene
Allergieë neem met rasse skrede toe
Vergeet van uithongeringsdieet
Vet en gewigsverlies lê in jou gene
Voedsel-intoleransie dalk oorsaak van sommige siektes
Die psige van oorgewig
Eet op ‘n drafstap maak jou vet
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres