Advertisement
The fat of the land
Forget high food prices and the credit crunch: SA is on its way to becoming the fattest nation.
Real-life story
Christy Reese, mother of a toddler with Down syndrome, shares her story with Health24.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
DO THIS:TEST/QUIZ YOURSELFGREAT DIET GUIDESI WANT TO...
 Afrikaans
Vergeet van uithongeringsdieet

Vergeet van druiwe-diëte, vergeet van die proteïndieet of die koolhidraatvrye dieet. Kort-om: vergeet van dieet en van uithongering. Want mense op lae kaloriediëte eet "verslank" hulself al vetter. Só gebeur dit.

Advertisement
'n Al groter persentasie van die mense in die wêreld is vetties – effe oorgewig tot baie vet. Meer as 54 persent van Britse mans en 45% van Britse vroue is oorgewig, en in Amerika nog 'n groter persentasie. Ook in Swede en Nederland is daar al meer vet mense. In Suid-Afrika is sowat 40 persent van alle mense oorgewig.

Een van die grootste bekommernisse onder wetenskaplikes is dat al meer kinders in Amerika, Europa en Suid-Afrika vet is. Die tweede groot bekommernis is dat diekinders se ouers glad nie dink hulle bloedjies is vetties nie. Voorts blyk dit dat min van die vet kinders se ouers self 'n goeie voorbeeld van gesonde eetgewoontes en leefstyl stel.

Waarom nie vet nie?


Vet mense het 'n hoër risiko om hartsiektes, 'n hartaanval, hartversaking, hoë bloeddruk, beroerte, of suikersiekte te ontwikkel. 'n Gewigsverlies van slegs 5 kg kan 'n vet mens se risiko vir bogenoemde verlaag, maar die omgekeerde geld ook. Hoewel genetiese faktore betrokke is by liggaamsbou, is verkeerde eetgewoontes en gebrek aan die genoeg en die regte oefening die hoofredes vir oorgewig. Uiters min gevalle van oorgewig kan toegeskryf word aan hormonale redes.

Vergeet van kitsdrankies en inspuitings


Die meeste mense tel ná 'n kitsdrankie-dieet meer gewig op as wat hulle verloor het. Dit blyk ook dat die dieet-inspuitings wat tans gewild is, klein dosisse anti-cholesterolmiddel is, en dat die gepaardgaande lae kalorie dieet inderwaarheid die gewigsverlies bewerkstellig.

Baie diëte lei tot gewigsverlies, maar die verslanker verloor spiermassa pleks van liggaamsvet, en dieafname in spiermasse vertraag die liggaamsmetbolisme. Dis dan net hier waar die knoop lê, sê Tabitha Hume, geregistreerde dieetkundige in haar boek, "Die X-dieet." Die boek is gegrond op navorsing wat gedoen is oor die beheer van Metaboliese Sindroom of X-sindroom, 'n siektesindroom wat dikwels gepaard gaan met onder meer suikersiekte, hoë bloedcholesterol, hoë bloeddruk en oorgewig.

Baie mites oor dieet weerlê


Onlangse bevindings weerlê baie mites oor dieet. Hoekom sukkel mense wat 'n (soveelste) uithongeringsdieet met lae kilojoules (kaloriëe) volg, om gewig te verloor, terwyl ander wat alles verslind, maer bly?, was die sleutelvraag.

Dit is nie suiker en koolhidrate wat 'n mens vet maak nie, maar die oormaat vet in die dieet. Om van oortollige liggaamsvet ontslae te raak, moet 'n stadige metabolisme aangevuur word deur die inname van koolhidrate te vermeerder.

Hoe dieet 'n mens jouself al vetter?


Vet mense eet dikwels min, en is dikwels vet omdat hulle te veel op dieet was en te lank te min geëet het.

'n Mens word inderdaad maerder as hy minder eet, maar wetenskaplike studies het nou getoon dat dieeffek van korte duur is en dat 'n mens wat 'n groot deel van sy liggaamsmassa verloor het, byna as uitgemaakte saak weer al die gewig sal optel, en meer.

'n Uithonderingsdieet kan jou metabolisme só verstadig dat jou liggaam nie meer in staat is om voedsel doeltreffend te verwerk nie.

Wat gebeur met jou liggaam?


'n Vrou in haar twintigerjare benodig sowat 2000 kalorieë per dag om te oorleef. As sy minder eet, sal haar liggaam teoreties die ontbrekende kaloriëe vervang uit haar liggaam se vetreserwes. Sy sal ná 'n paar maande op 'n laekalorie-dieet moontlik 10 kg verloor.

Feite oor spiere en ons metaboliese spoed is hier belangrik: ons het energie (kos) nodig omdat ons spiere dit nodig het. Jou hoeveelheid spiermassa bepaal hoeveel energie jy daagliks verbrand: hoe meer spiermassa jy het, des te meer energie kan jy verbrand, en hoe hoër is jou metaboliese tempo.

Gestel jou liggaam het 2000 spiervesels wat saam 2000 kaloriëe kan verbrand. Indien jy jou kalorie-inname tot 'n 1000 verlaag, is daar net genoeg energie om die helfte van die spiere in stand te hou. Die liggaam "fusilleer" vinnig 'n 1000 spiervesels en voer die"oortollige" spiere vir die 1000 wat oorbly en energie benodig.

Die liggaam hou aan om spierselle te self-kannibaliseer totdat die energie wat die liggaam inkry (kaloriëe) genoeg is om die oorblywende spiere te onderhou.

Die diëter verloor gewig en kry 'n maerder, maar papper liggaam. Hy het ook - weens sy verlies in spiermassa - 'n laer metaboliese tempo.

Maerder, maar papper lyf


Vóór die dieet kon jou liggaam 2000 kaloriëe per dag verbrand, maar kan nou net die helfte verbrand. Eet jy nou 'n pizza van 2000 kaloriëe, wat jou liggaam voorheen alles sou kon verbrand omdat 2000 spiervesels gevoer moes word, is daar net 1000 spiervesels om te voer en bly 1000 kaloriëe oor.

Met die helfte van die pizza-kaloriëe in die vorm van suiwer vet, is die kans groot dat dieoortollige 1000 kaloriëe as 110 g vet op jou heupe, bobene of maag gaan bly sit.

Só raak die diëter maerder betreffende spiermassa en gewig, maar styg die persentasie liggaamsvet.

Om nóg meer gewig te verloor, moet die diëter nou 500 kaloriëe per dag eet, en die hele proses word herhaal.

Sy verloor al moeilker gewig. Sodra die diëter dan enigsins meer as 500 kaloriëe per dag eet, begin sy/haar gewig weer stadig toeneem totdat dit meer is vóór die dieet.

Die verslanker moet byna ophou eet om verder gewig te verloor.

Dink swaar en maer


Die belangrikste doelwit van dieet is om vet te verloor en spiermassa te wen.

Die proses waardeur koolhidraat-inname wat stadig vrygestel word, te verhoog, waarborg om spierweefsel te bou en vet te verbrand.

Koolhidrate met 'n hoë Glisemie indeks, wat die metabolisme help versnel, spiere bou, en vet verbrand, sluit die volgende in: graanvlokkies, mieliemeel, bruin brood, wit brood, volgraanbrood, heuning, pofkoring, Weet-Bix, aartappel, rys, ryskoekies, hawermoutpap, couscous, suikermielies, boontjies en groenboontjies.

Volgens Hume eet die gemiddelde mens teveel proteïene, en sal mense genoeg spiermassa bou selfs met die beperking in proteïen-inname. Laasgenoemde word beperk hoofsaaklik omdat baie proteïenryke voedselsoorte ook baie vette bevat.

Kontaknommers:

Tabitha Hume of die X-kliniek: tel Johannesburg (011) 7887625; of Kaapstad tel (021) 683-3853.
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Sharepoint Consultant (MOSS; KM; Collaboration)
R350-380 Per Hour
Gauteng - North/Sandton
Sharepoint Consultant (MOSS; KM; Collaboration)
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Senior Ms Dynamics PreSales Consultant (CRM; MOSS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Senior Business Intelligence Pre Sales Consultant (SSIS; MOSS; PPS) jp 18646
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Senior Africa Analyst
R429,100-644,400 Per Month Cost To Company
Gauteng
Financial Manager
R429,100-644,400 Per Month Cost To Company
Gauteng
Admin Assistant
R5,500-7,400 Per Month Cost To Company
Gauteng
Management Accountant
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton

 
Previous article: Next article:
10 vrae oor vitamiene Vet en gewigsverlies lê in jou gene
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Gesondheidswenke
Sportdrankies: Hoeveel skop in die dop?
10 vrae oor vitamiene
Allergieë neem met rasse skrede toe
Vergeet van uithongeringsdieet
Vet en gewigsverlies lê in jou gene
Voedsel-intoleransie dalk oorsaak van sommige siektes
Die psige van oorgewig
Eet op ‘n drafstap maak jou vet
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres