Advertisement
Sexual fantasies
Fantasies may enhance our actual sexual experiences. Here's more about them.
Stressed out in SA
The pressure is on. Are South Africans becoming a pill-popping nation of boozers?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
DO THIS:TEST/QUIZ YOURSELFGREAT DIET GUIDESI WANT TO...
 Afrikaans
Sportdrankies: Hoeveel skop in die dop?

Die rugbymanne drink dit halftyd, en die krieketouens ook. Baie mense drink dit terwyl hulle oefen, en ander hoop om lae energievlakke op te kikker selfs wanneer hulle nie oefen nie.

Gee een sportdrankie meer energie as 'n ander? Ons het by Annalie Smith, dieetkundige van die Leipoldt Sportkliniek, gaan kers opsteek.

Advertisement
Waarna moet 'n mens oplet?

  1. Die regte koolhidraat: Drankies wat glukose bevat, lewer vinniger energie as dié wat fruktose bevat, omdat fruktose eers in die lewer omgeskakel moet word na glukose. Glukosepolimere - wat nie 'n drankie so soet maak nie - word selfs nog vinniger geabsorbeer as glukose. Drankies met glukose, asook 'n goeie konsentrasie natrium, kalium en chloried, het drie voordele bó die drink van water: die glukose verhoed dat die bloedsuikervlak laag daal en gee kitsenergie en die elektroliete help dat meer vloeistof deur die liggaam geabsorbeer word as in die geval van water.
  2. Hoeveel koolhidrate vir energie: 'n Drankie moet minstens 6 - 10g glukose per 100ml vloeistof bevat om voldoende energie te verskaf vir mense wat langer as 'n uur oefen. Die liggaam absorbeer koolhidrate teen 'n maksimumtempo van 1g/minuuut en kan dus maksimaal 60g/uur absorbeer. Drankies wat minder as 6g glukose/100ml bevat, sal te min energie verskaf vir diegene wat ‘n uur oefen, en met meer as 10g glukose/100ml word die glukose deels nie geabsobeer nie.
  3. Wanneer? Mense wat oefen - of hulle 'n uur oefen of twee ure - moet liefs die energiedrankies binne die eerste halfuur van oefening inneem sodat die drankies kans het om te begin werk. Diegene wat twee ure lank oefen, moenie die drankies eers ná 'n uur drink as hulle begin ontwater nie en dadelik kistenergie verwag nie. Dit duur 'n rukkie voordat die glukose geabsorbeer word, en nog langer voordat fruktose se energie beskikbaar word.
  4. Elektroliete: Natrium, chloried en kalium is die belangrikste elektroliete. Hoewel sommige mense glo dat spierkrampe die gevolg is van 'n magnesiumtekort, is die wetenskaplike bewyse nog nie voldoende om dié stelling 'n voldonge feit te maak nie.
  5. Vitamiene in energiedrankies gee nie kitsenergie nie, maar kan help, veral as jy die dag nie gesond geëet het nie. 'n Vitamienpil of -bruistablet is egter 'n goedkoper opsie vir vitamien-aanvullings.
  6. Kafeïen is 'n stimulant wat jou brein wakkerder maak en energiek laat voel. Kafeïen versnel die verbranding van vet in die liggaam. Die Suid-Amerikaanse bestanddeel guaraná is soortgelyk aan kafeïen.
  7. Taurien: ‘n Groot ophef word in sommige kringe gemaak van dié aminosuur wat volgens sommige wetenskaplikes moegheid beveg. Meer studies is egter nodig om dié aansprake te bewys.
Powerade
Voldoende koolhidrate in kitsenergie-vorm, en die regte elektroliete vir goeie absorbsie van vloeistof.

Energade
Voldoende koolhidrate in kitsenergievorm en voldoende elektroliete vir vinnige vloeistof-absorbsie.

ESR
Baie (te veel om te absorbeer) koolhidrate in kitsenergie-vorm.

Cytomax
Dit bevat genoeg kitsenergie-koolhidrate, en meer elektroliete. Die absorbsie van glukose en vloeistof is danksy dié hoë elektrolietkonsentrasie baie goed.

Isostar
Die produk kan verkry word in vloeistofvorm of die poeier kan teen die verlangde konsentrasie met water gemeng word. Genoeg kitsenergie-koolhidrate.

Fastfuel
Die verbruiker kan self die poeierdrankie meng en dus die konsentrasie glukose en elektroliete beheer sonder dat die drankie te soet word. Dié poeier word ook gebruik vir koolhidraat-belading vóór 'n energietappende langafstand-sportgebeurtenis soos 'n marathon of fietstoer.

Red Bull
Red Bull bevat voldoende koolhidrate, asook B-vitamiene, kafeïen en taurien. 'n Mens kan netsoveel B-vitamiene inneem deur 'n volgraantoebroodjie te eet of 'n multivitamien-pil te sluk. 'n Blikkie Red Bull bevat soveel kafeïen soos drie tot vier koppies koffie. Taurien beveg moontlik moegheid.

Slotsom
Indien jy kitsenergie soek, kies 'n drankie met meer as 6g/100ml glukose of glukosepolimere, en voldoende natrium, chloried en kalium vir goeie vloeistof-absorbsie.

- (Health24, updated July 2008)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R380,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Treasury Specialist
R300,000-380,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
JAVA DEVELOPER (YL028 – 04/09)
Gauteng
DELPHI DEVELOPER (YL023 – 04/09)
R320,000-360,000 Per Annum Cost To Company Market Related
Gauteng
Senior and Lead .NET Developers (C#.NET, Arc, Design, Code.)
R300,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
A C# Developer (C Sharp Developer)
Gauteng - Johannesburg
A C++ Developer (Software Developer)
Gauteng - Pretoria

 
Previous article: Next article:
Gesondheidswenke 10 vrae oor vitamiene
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Gesondheidswenke
Sportdrankies: Hoeveel skop in die dop?
10 vrae oor vitamiene
Allergieë neem met rasse skrede toe
Vergeet van uithongeringsdieet
Vet en gewigsverlies lê in jou gene
Voedsel-intoleransie dalk oorsaak van sommige siektes
Die psige van oorgewig
Eet op ‘n drafstap maak jou vet
 



 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres