Advertisement
Win, win, win!
A car, a holiday, and health hampers. Some of the fantastic prizes you can win here!
Beat cholesterol
Have high cholesterol? Certain foods can make a huge difference. Check out the list.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Healthy home
 Find a buddy
 Fitness
 Diet & Food
 Psychology

School
Tokkel hulle taal
Jy moet jou kind skoolgereed help maak deur haar taalgebruik behoorlik te stimuleer, skryf spraak-en-gehooronderwyseres Liesel van Niekerk.

Reeds voor jou kleuter “groot” skool toe gaan, moet jy haar taal aanhelp sodat sy op skool nuwe begrippe makliker aanleer. As sy ‘n taal-agterstand het, word al haar skoolwerk benadeel - van lees, spel en skryf tot wiskunde. 

 
Advertisement
font>

Jou skoolbeginner behoort haar volle naam, van en adres te ken, en dis ‘n bonus as sy ook weet wat julle telefoonnomeer is. Dit is ook wenslik dat sy haar verjaardagdatum, haar liggaamsdele, die dae van die week, tydsbegrippe soos vandag, gister en môre en ‘n paar rympies ken; basiese vorms en kleure kan onderskei; drie kort opdragte in volgorde kan uitvoer; tot tien kan tel; haarself sonder babataal kan uitdruk en weet van links, regs, vorentoe en agtertoe. 

As sy dit alles nog nie kan doen nie, kan jy haar steeds hierdie laaste paar maande help om haar voor haar skooljaar taalgereed te kry.

Hier is riglyne: 

  • Praat baie met haar, want sy verstaan baie meer as wat sy kan sê.
  • Kyk na haar as sy met jou praat, luister werklik en wys jy stel belang in wat sy sê of vra. Dit is maklik om te sê jy is nou besig, sy moet jou netnou kom vra. Die jammerte is dat sy gewoonlik nie terugkom met die vraag nie en dat jy ‘n wonderlike geleentheid laat verbyglip het om vir haar iets nuuts te leer - juis op ‘n tydstip dat sy so graag inligting wou hê.
  • Ontwikkel haar luistervaardighede. Leer haar om aandagtig te luister na opdragte, haar taal uit te brei en om haar konsentrasie, aandagspan en ouditiewe geheue te verbeter. As sy goed luister, is dit soveel makliker om haar taal te ontwikkel omdat sy die woorde hoor en dit dan haar eie kan maak. Op skool word van kinders verwag om te luister as iemand praat en om geduldig te wag. Dis vir hulle ‘n moeilike opdrag. Leer jou kind dié vaardighede vroegtydig deur self ‘n goeie voorbeeld te wees van iemand wat luister en wag. Luister na haar. Moenie haar in die rede val nie, maar wag tot sy klaar gepraat het. Laat sy luister na stories wat jy lees of waarna julle saam luister op ‘n bandopname. Dit leer haar om vir ‘n kort rukkie stil te sit. Leer saam rympies. Kinders is baie lief daarvoor en ontwikkel só geheue-vaardighede. Dit sal later op skool baie help met spelling. Sê byvoorbeeld: “Hoor jy, die word kat in die gediggie rym met mat.”
  • Speel ‘n papegaai-speletjie waarin sy alles moet naboots wat jy sê. Begin deur ‘n eenvoudige, kort sin voor te sê wat sy word vir woord moet herhaal, of ‘n telefoonnommer (begin met twee of drie syfers) wat sy in die regte volgorde moet opnoem. Vermeerder die getal syfers of woorde na gelang van haar vermoë. Laat haar oefen om opdragte reg uit te voer. Onthou om eers haar naam te sê, haar in die oë te kyk en dan die duidelike opdrag net een keer te gee. Kyk dan of sy dit korrek uiTVoer en gee haar ‘n stywe drukkie as sy mooi probeer het.
  •  Kinders leer praat deur taal te hoor. Om taal te hoor wat kreatief in hul eie huise gebruik word, het ‘n baie groter invloed op hulle as om dit net by die skool te leer en te hoor. Probeer babataal vermy en gebruik eerder die korrekte benaminge van dinge.
  • Moedig haar aan om beskrywende taal te gebruik. Alles is nie net lekker nie, dit kan ook smaaklik, aangenaam of pragtig wees.
  • Dis belangrik dat jy met jou kind gesprekkies voer, want sy moet haar gedagtes verbaal leer uitdruk om dit later, wanneer sy op skool is, behoorlik te kan neerskryf. Speel hoekom-en-waar-speletjies. Sê byvoorbeeld: “Ek wonder hoekom klim daardie man in die trein” of “Ek wonder waarheen gaan hy.” Of speel ek-weet-nie-speletjies. “Ek weet nie hoe lyk ‘n lemoen nie. Kan jy vir my sê hoe dit lyk?”
  • Prys al haar probeerslae en moenie haar taal en spraak te veel korrigeer nie. Pleks om te sê: “Jy is verkeerd, ‘n mens sê nie so nie,” sê eerder: “O, jy bedoel …,” en gee dan die korrekte woord of uitdrukking.
  • Betrek haar by alledaagse takies en vertel haar wat jy doen, hoe jy dit doen en hoekom jy dit   doen. Wanneer jy aandete berei en sop wil maak, bespreek met haar watter groente julle gebruik, wat nodig is om die aartappels mee te skil en hoe om die wortels te rasper. Streel die sagte, warm, donsige lakens en slope, en voel die geveerde matras (terwyl sy die bed help opmaak!) Beskryf die klere wat sy aantrek, soos haar langmou-bloesie met die rooi kraag. Vrae wat haar met die aan- en uittrek verder kan laat dink as die voor die hand liggende, is: “Het al hemde krae? Het alle skoene veters?”
  • Vra vrae (hoekom, wanneer, wie, wat) en – baie belangrik – wag op haar antwoord. Lok verduidelikings uit. Sê byvoorbeeld: “Hoekom sê jy so?”
  • Moedig haar aan om in volsinne te praat, dus om te sê: “Gee vir my asseblief die botter aan” pleks van: “Botter asseblief.” Sy sal dit nodig hê as sy later op skool sinne begin skryf. 
  • Neem haar op uitstappies en laat haar praat oor haar ondervindinge. Berei haar vooraf voor op dit waarna julle gaan kyk deur byvoorbeeld die biblioteek te besoek of saam deur prentjieboeke te blaai. Ná die uitstappie kan jy met haar oor die ervaring gesels. Byvoorbeeld: “Wat het jy eerste gesien? Wat het ons toe gedoen? Wat was vir jou die mooiste? Hoekom?” Blaai weer deur die boek en kyk wat julle gesien het en ook nie gesien het nie.
  • Maak slaaptyd tien minute vroeër en lees of vertel vir jou kind stories. Storietyd is een van die mees waardevolle bronne van taalontwikkeling. Dis belangrik dat jy vrae vra oor die storie. Soos: “Het jy dit geniet? Wat het met die muis gebeur? Wat sou jy doen as jy die muis was?” Laat haar toe om vrae te vra en om haar eie stories te vertel. Dit loop soms uit op fassinerende insigte in haar eie wêreldjie en gee haar die selfvertroue om haar verbeelding te gebruik en haar eie gedagtes uit te spreek.

 


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Cost / Clinical Audit Clerk (Medical Aid)
Western Cape
Pharmacist
Western Cape
Occupational Health Nurse x 2
Mpumalanga
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Lab Technician
R3,500-4,200 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Surfacing Operator
R3,900 Per Month Cost To Company
Gauteng - East Rand
Previous Next
 
Subscribe to...
*Daily tip
*Weekly tip
Want to subscribe to our newsletters?
Click here.
*Stand a chance to win R1000 every month!

 
 Other areas
Homework and the child with ADHD
Beat those back-to-school blues
Should my child skip a grade?
Changing schools tough on kids
The importance of reading to your child
Fitter kids better in class
Add seeing to reading and writing
Tokkel hulle taal
Kids need bathroom breaks
Youngest in class at risk
Should my child skip a grade?
Teaching your teen to drive
Kids and computer strain
Better reading for dyslexic kids
Standing up to bullies
PC-savvy kids perform better
7 ways for children to be smart
Lasting effects of early learning
TV linked to lower marks
Father's devotion to help child
Bullying, a serious business
Back to school without a fuss
Teaching toddlers to talk
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.