Jou ma het altyd gesê vir ‘n lang lewe moet jy genoeg water drink, jou goeie geluk waardeer en goed wees vir ander. 'n Mens waardeer dalk die wysheid wat saam met die ouderdom kom, maar die uiterlike tekens van veroudering kon maar gebly het.
Gelukkig vir jou, kan jy en jou ma die gelukkige spannetjie wees wat ‘n ongelooflike teenverouderingsondervinding van Camelot Spa wen.
Advertisement
Maar dis nie al nie, albei van julle kry ook geskenkpakke propvol Thalgo-produkte asook ‘n jaar se voorraad van Aqua Bimini, die wêreld se eerste mineraalwater wat veroudering teëwerk.
Eerste op die lys is jou naaste Camelot Spa vir ‘n bederfsessie wat julle nie gou sal vergeet nie. Camelot gebruik Thalgo, die beste Franse marine-gebaseerde skoonheids- en spa-produkte wat die terapeutiese elemente van die see bevat.
DNA-skade is die grootste oorsaak van veroudering. Deur die gepantenteerde ekstrak, QuinMax, is Aqua Bimini die wêreld se eerste teenverouderings-mineraalwater wat jou teen sellulêre stres beskerm en help om die verouderingsproses teë te werk deur die DNA te herstel.
Dit bevat ook antioksidante en immuunversterkers wat die liggaam help om van vrye redikale ontslae te raak.
Bookmark with:
What are social bookmarks?