Advertisement
Leg Condition Centre
Yes, that's right. We now have a Leg Centre. Leg injuries, leg exercises and celebrity legs.
Anxiety: a female thing?
Anxiety disorders are very common and women are more likely than men to be anxious.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
 
[icon]  Media clips
DIE BURGER

Joost en Amor in gesondheidsuitdaging

DANÉL BLAAUW 15/06/2007 01:33:05 AM - (SA)

Die voormalige Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen en sy sangeres-vrou, Amor Vittone, is die nuutste glanspaar wat hulle tot ’n nuwe realiteitsgesondheidsuitdaging op die internet verbind het.

 
Advertisement
Die gewilde egpaar sal met die hulp van dieetkundiges, sjefs en fiksheidsinstrukteurs poog om ’n gesonder leefstyl te kweek. Hulle sal weekliks hul vordering in die Forever Young-gesondheidsuitdaging in ’n aanlyndagboek (blog) op Health24 se webwerf (www.health24.com) aanteken.

Joost en Amor het hulle pas aangesluit by bekendes soos Wilma van der Bijl (oud-skoonheidskoningin), Tanya Fourie (internasionale supermodel), Gert van de Merwe (mode-ontwerper) en die modelsusters Kelly en Kerry McGregor, wat ook aan dié leefstylregruk-program deelneem.

Die egpaar het gister, in die eerste stap tot ’n leefstyl-omwenteling wat by hul glanslewe sal aanpas, hul bloed by hul huis in Fourways, Johannesburg, laat trek.

Die oud-Bok het gesê hy is ’n fiksheidsfanatikus wat daagliks die gimnasium besoek. “My doel is om ’n laer vetpersentasie te kry.” Toe hy vir die Bokspan uitgedraf het, was Joost se vetpersentasie 8,5%. Vandag is dit 6%.

Amor, wat effens skrikkerig vir die naald was, het gesê haar doelwit is om die gimnasium te besoek. “En energie om by my man by te hou!” Die sangeres met die vietse lyfie sê sy sien uit na veral die kooklesse. “Ek wil graag leer gesond kook.” Die gesigbehandelings en talle besoeke aan gesondheidspa’s wat deel van program is, is vir haar ’n groot bederf. “En wie weet, miskien sal ek gaan vir botox,” skerts sy oor dié aanbod. Laserbehandeling vir pigmentasie sou ook ’n moontlikheid wees. Joost sê die gesin handhaaf ’n gesonde leefstyl, daar word nou net na ’n hoër rat oorgeskakel.

As deel van die leefstyl-ommeswaai drink die bekendes “verjongingswater” uit die Sederberge wat na bewering ewige jeug sal vasvang. Die leefstyl-ambassadeurs, soos die deelnemers bekend staan, drink daagliks hierdie mineraalwater wat glo veroudering verlangsaam.

Me. Vicky Lucas, streekbestuurder van die mineraalwater-verspreider, sê die water vertraag die verdeling van DNS-selle en herstel beskadigde selle. Die deelnemers se bloed word vooraf getrek en na Swede vir ontleding gestuur.

Na afloop van die program word dieselfde toetse herhaal om wetenskaplik te bewys dié benadering van ewige jeug deurstaan die toets.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng

 
Previous article: Next article:
news24.com, 15 June 2007 Beeld, 17 Junie 2007
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
InStyle
GET IT
Performance Pro
FEMINA
ELLE
G.Q
Shape
Essentials
PROFESSIONAL BEAUTY
Men’s Health
Rooi Rose
HEALTH IQ
news24.com 2
HEAT
news24.com
DIE BURGER
Beeld
Beeld 2
Oxygen
Bizcommunity.com
Cosmopolitan
Sports Illustrated
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres