Joost van der Westhuizen, Amor Vittone en die
mode-ontwerper Gert van der Merwe vir ewig?
Dalk nét . . .
Advertisement
Tien van Suid-Afrika se bekendste glansmense is
in ’n nuwe werklikheidsprogram op die internet
in ’n stryd gewikkel om ewige skoonheid en jeug
vas te vang.
Die model Kerry McGregor, die voormalige Mej.
SA Wilma van der Bijl en die voormalige modelle
Tanya Fourie en Josie Borain sal in dié Forever
Young-gesondheidsuitdaging onder meer
daagliks ’n botteltjie mineraalwater, wat glo
veroudering verlangsaam, afsluk.
Mnr. Davin Phillips van Celebrity Services Africa
sê die deelnemers se bloed is voor die uitdaging
getrek en vir ontleding na Swede gestuur. Ná
die tien weke lange uitdaging sal nog
bloedmonsters van elke deelnemer ook
weggestuur word om enige verandering in hul
DNS-vlak te monitor.
Phillips het gesê Aqua Bimini is die jongste
deurbraak in die geveg teen veroudering. Dié
suiwer mineraalwater het glo die vermoë om
DNS te herstel en teen sellulêre stres te
beskerm.
Met aanlyninskrywings op die webwerf is van die
bekendes se slaappatrone en eetgewoontes tot
hul oefenprogramme op die webblad
www.health24.com ’n ope boek vir almal.
’n Dieetkundige en fiksheidsinstrukteur, asook ’n
sjef, sal saam met die bekendes werk.
Die kundiges het die glansmense, wat
voortdurend in die openbare oog is en deur ’n ring getrek moet word, se persoonlike behoeftes in
ag geneem en saam het hulle mikpunte vir ’n beter leefwyse opgestel. Dié mikpunte moet binne
die tien weke bereik word.
Phillips het gesê geen prys is op die spel nie; net ’n gesonder en beter leefstyl.
“Enigiemand wil ewig jonk wees. Mense sê altyd hulle streef na ’n beter leefstyl. Ons het hulle
uitgedaag en gesê: ‘Wys ons jy kan daarby hou!’ ”
Die groep bekendes neem saam met McGregor se suster Tracy, ook ’n model, en hul ma, Kim,
asook die ontwerper Malcolm Kluk en die top-sjef Reuben Riffel vrywillig aan dié internet-uitdaging
deel.
Bookmark with:
What are social bookmarks?