Advertisement
Screening tests for women
When should you be tested for what? Here's everything you need to know in a nutshell.
100 fascinating facts
Read these 100 interesting facts and impress your friends with your general knowledge.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND
 
[icon]  Media clips
Beeld

Joost, Amor verbind tot nuwe, gesonder leefstyl

Jun 17 2007 05:25:23:760PM - (SA)
Danél Blaauw

Amor Vittone oorweeg dit om Botox-behandeling teen plooie te kry as deel van 'n realiteitsgesondheidsuitdaging op die internet.

 
Advertisement
Die internasionale supermodel Tanya Fourie sou op haar beurt graag haar borste wou lig as deel van dié totale leefstyl- regrukprogram.

Vittone het vroeër by haar huis in Johannesburg laat val sy kan dalk net van dié Botox-aanbod gebruik maak.

Mev. Vicky Lucas, streekbestuurder van Aqua Bimini in Gauteng en een van die koördineerders van die uitdaging, sê tien glansmense neem aan dié uitdaging deel.

Lucas sê die bekendes se fisieke voorkoms kan met natuurlike en chirurgiese metodes verander word, terwyl hul lewenstyl met oefening en eetgewoontes omgeswaai word.
Sy sê die deelnemers het elk 'n wenslysie van dit wat hulle fisiek aan hulself wil verander, ingegee. Fourie se versoek is glo van die hand gewys omdat dié chirurgiese proses te duur is, sê Lucas.

Vittone en haar man, Joost van der Westhuizen, het verlede Woensdag by hul huis in Fourways hul bloed laat trek in die eerste stap om deel van dié uitdaging te word.

Saam met dieetkundiges, fiksheidsinstrukteurs en sjefs sal bekendes soos Wilma van der Bijl (gewese Mej. Suid-Afrika), Gert van de Merwe (mode-ontwerper) en die modelsusters Kelly en Kerry McGregor poog om 'n gesonder leefstyl aan te kweek. Die leefstyl-ambassadeurs, soos die deelnemers bekend staan, sal weekliks hul vordering in 'n aanlyn-dagboek (blog) aanteken. As deel van die leefstyl-ommeswaai drink die bekendes "verjongingswater" uit die Cederberge wat glo ewige jeug sal vasvang deur die verlangsaming van veroudering.

Lucas sê die water vertraag die verdeling van DNS-selle en herstel beskadigde selle.

Die deelnemers se bloed word vooraf getrek en na Swede vir ontleding gestuur. Ná die program word dieselfde toetse herhaal om wetenskaplik te bewys dié benadering tot ewige jeug deurstaan die toets.

Van der Westhuizen het gesê hy is 'n fiksheidsfanatikus wat daagliks die gimnasium besoek. "My doel is om 'n laer vetpersentasie te kry." Toe hy vir die Springbokke as skrumskakel uitgedraf het, was sy vetpersentasie 8,5%. Vandag is dit 6%.

Vittone, wat effens skrikkerig vir die naald was, het gesê haar doelwit is om die gimnasium te besoek. "En energie om by my man by te hou!" Die sangeres met die vietse lyfie sê sy sien veral uit na die kooklesse. "Ek wil graag leer gesond kook."

Die gesigbehandelings en talle besoeke aan gesondheidspa?s wat deel van die program is, is veral 'n groot bederf vir haar. Joost sê die gesin handhaaf 'n gesonde leefstyl - daar word nou net na 'n hoër rat oorgeskakel.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng

 
Previous article: Next article:
DIE BURGER, 15 Junie 2007 Beeld, 6 Junie 2007
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
InStyle
GET IT
Performance Pro
FEMINA
ELLE
G.Q
Shape
Essentials
PROFESSIONAL BEAUTY
Men’s Health
Rooi Rose
HEALTH IQ
news24.com 2
HEAT
news24.com
DIE BURGER
Beeld
Beeld 2
Oxygen
Bizcommunity.com
Cosmopolitan
Sports Illustrated
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres