Advertisement
Fabulous fibre
No pill can do what dietary fibre does for us - here's why you should eat it.
Zim: free coffins
The Zim government is offering free coffins and graves to cholera victims.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT GUIDESQUIZ YOURSELF
 Hormonal health
Helfte van histerektomies is onnodig

Die meeste vroue aanvaar dat hulle een of ander tyd in hul lewe ‘n histerektomie sal moet ondergaan. Maar baie van die operasies is onnodig en die vroue kon net so goed gevaar het sonder die operasie, maar met hormoonbehandeling of ander minder ingrypende chirurgie. Health24.com doen verslag.

 
Advertisement
“Is dit tans geregverdig om vroue wat nie baarmoederkanker het nie, se baarmoeders te verwyder indien alternatiewe en minder ingrypende behandelingsmetodes beskikbaar is?”

“Tussen 40% en 50% van alle histerektomies wat in Suid-Afrika gedoen word, is volgens alle aanduidings onnodig,” volgens dr. Alan Alperstein, ’n Kaapstadse ginekoloog.

“Is dit tans geregverdig om vroue wat nie baarmoederkanker het nie, se baarmoeders te verwyder indien alternatiewe en minder ingrypende behandelingsmetodes beskikbaar is?” vra hy in ’n onlangse uitgawe van die mediese tydskrif Medical Chronicle.

’n Ondersoek wat in 1999 gedoen is na die histologie-resultate van pasiënte in ’n groot Suid-Afri­kaanse stad het getoon dat 42% van die baarmoeders wat tydens operasies verwyder is, normaal was.

Minder drastiese alternatiewe
Waarom beveel so baie dokters histerektomies aan as daar eenvoudiger, minder ingrypende en veiliger behandelingsmetodes beskikbaar is?

“Byna alle Suid-Afrikaanse dokters en spesialiste ontvang hul opleiding aan hospitale wat nie toegang tot die nuutste en beste behandelingsmetodes het nie. “Baie dokters en ginekoloë beveel histerektomies aan omdat hulle glo dat dit toekomstige probleme gaan voorkom, of omdat hulle net nie bewus is van die doeltreffendheid, veiligheid en eenvoud van ander behandelingsmetodes nie,” het Alperstein aan Health24.com gesê.

“Sou die dokters so gou en maklik aanbeveel het dat mans se penisse afgesny word?”

Alperstein het ook gesê dat vroue net eenvoudig sonder sprak of sprook hul dokter se aanbeveling oor hul vroue-gesondheid aanvaar omdat die vroue self nie op die hoogte van die nuwe behandelingsmetodes is nie.

Baie nie-kwaadaardige siektetoestande soos erge menstruasie, baarmoeder-fibroïede of –poliepe is nie lewensbedreigend nie, en kan beslis net behandel word sonder dat die hele baarmoeder summier verwyder word.

Die nuwer behandelingsmetodes sluit in hormoonbehandeling, die pil, wat in die algemeen veilig is vir nie-rokende vroue jonger as 35 jaar.

Vroulike rokers wat ouer as 35 jaar is, moet egter nie hormoonbehandeling of die pil oorweeg nie, het Alperstein gewaarsku.

Redes vir histerektomies
Die meeste dokters voer histerektomies uit om een of meer van die volgende redes:

  • Oormatige bloeding tydens menstruasie
  • Nie-kwaadaardige groeisels in die baarmoeder (poliepe en fibroïede)
  • Baarmoeder-uitsakking
  • Baarmoederkanker

Daar is egter beslis siektetoestande waar ’n histerektomie al uitweg is, soos die kankeragtige groeisels.

In die geval van baarmoederkanker kan ’n histerektomie inderwaarheid ’n vrou se lewe red.

Twee prosedures of behandelingsmetodes kan egter ingespan word om oormatige bloeding en fibroïede/poliepe te behandel pleks van ’n verwydering van die baarmoeder.

Een metode is ’n miomektomie en die tweede staan bekend as baarmoeder-ballonterapie.

Die behandeling van fibroïede
Baie nie-kankeragtige fibroïede en poliepe kan in ’n prosedure bekend as miomektomie by ’n daghospitaal verwyder word, met ’n baie vinniger herstelperiode as ná ’n baarmoederverwydering.

Tydens ’n miomektomie word die groeisels verwyder, sonder om die volledige baarmoeder te verwyder.

Ballonbaarmoeder-behandeling
Die behandeling (ook bekend as ablasie van die endometrium) word toegepas as behandeling teen die uitermatige bloeding wat die binnevoering van die baarmoeder beskadig. Met die ballonbehandeling, wat agt minute duur, word vloeistof wat warm genoeg (87 °C) is om die binnevoering van die baarmoeder te behandel, in die baarmoeder gespuit.

Die ballonbehandeling benodig geen insnydings of snitte nie, en kan gedoen word onder plaaslike verdowing, algemene narkose of selfs net ’n kalmeermiddel of bewuste verdowing, waar die pasiënt bewus is van wat aangaan, maar niks onthou nie en geen pyn ervaar nie.

Die metode beskadig die binnevoering van die baarmoeder en word nie aanbeveel vir vroue wat weer swanger wil raak nie. Die ballonmetode is veral doeltreffend in die behandeling van oormatige bloeding.

Studies het getoon dat 95% van vroue met oormatige bloeding en wat met die tegniek behandel is, vyf jaar later normale bloeding ervaar en dat 78% groot verligting van menstruasiepyn ervaar het.

Die voordeel van die behoud van die baarmoeder is dat die vrou selfs binne ’n dag na haar werk kan terugkeer pleks van eers weke later, en dat haar eierstokke behoue bly om die noodsaaklike testosteroon ná menopouse te vervaardig.

Vrae wat vroue moet vra
Vroue moet meer vrae aan hul ginekoloog stel oor hul probleme. Dit is die enigste manier om hulself te bemagtig en seker te maak die beste besluite oor hul eie gesondheid en liggaam word geneem, sê Alperstein.

Volgens hom behoort ’n vrou die volgende vrae aan haar ginekoloog te stel indien hy ’n histerektomie aanbeveel:

  • Wat presies is my siektetoestand?
  • Watter behandelingsmoontlikhede is beskikbaar?
  • Vertel my meer oor die spesifieke behandelingsmoontlikhede?
  • Hoe word die behandeling toegepas?
  • Wat is die risiko’s?
  • Hoe lank sal ek in die hospitaal bly?
  • Hoe lank sal dit duur voordat ek al my normale aktiwiteite kan hervat?
  • Waarom beveel jy in my geval ’n histerektomie aan?

(serasmus@health24.co.za X mhudson@health24.com. Augustus 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Secretary
Gauteng - North/Sandton
Infrastructure Resource
Gauteng - Johannesburg
Management Accountant
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial and Project Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Accountant
R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Financial Accountant
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - South

 
Previous article: Next article:
Pregnancy tests Women choose patch over Pill
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Babies shaped human breast
Benefits beyond birth control
Cervical cancer screening more accurate
Hormone Therapy: The latest
Hormone therapy preventing heart disease?
Hormones to smile about
Smart pads do it all for you
Women and pregnancy in SA
Am I pregnant?
Could I be pregnant?
Decoding breast cancer
Endometriosis - blocking the path to fertility
GynaeDoc - top 5 questions
Half of hysterectomies unnecessary
Pregnancy tests
Helfte van histerektomies is onnodig
Women choose patch over Pill
The pros and cons of a hysterectomy
Heavy periods (menorrhagia)
Doctors, diet and morning sickness
Early signs of pregnancy
Morning sickness tips
Tall tales about pregnancy

Fascinating facts
Seventy percent of women diagnosed with breast cancer have no risk factors or family history of the disease.

 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement