Share

Baba-mylpale

Geboorte tot 12 maande

Kinders groei verstommend vinnig in hul eerste lewensjaar: Hul gewig verdriedubbel en hul lengte neem met die helfte toe. Kom saam op ’n blitsreis deur jou baba se ontwikkeling

Deur die Health24-span

ALLE kinders kruip nie op sewe maande en loop op twaalf maande nie.

Tog is dit moontlik om ’n kind se vordering te vergelyk met die gemiddelde mylpale van ontwikkeling vir elke ouderdomsgroep.

Sommige mylpale is interessante gemiddeldes, terwyl ander die eerste waarskuwingstekens van ’n probleem kan aandui.

As ’n kind op sewe maande nog nie sy eerste tand het nie, beteken dit bloot dat hy later as ander kinders tande kry, maar gevaarligte moet flikker as jou baba:

  • nie skrik vir ’n harde lawaai of op drie maande sy kop draai wanneer jy agter hom gesels nie. Laat so gou moontlik gehoortoetse doen.

  • op drie maande glad nie met haar oë jou gesig of ’n ligstraal volg wanneer jy naby haar beweeg nie. Sy sien dalk swak.

  • op sewe maande nog glad nie sy kop lig wanneer hy op sy maag lê, sit terwyl jy hom stut, of begin omrol nie. Dit kan op lae spiertonus of spastisiteit dui, wat moontlik deur breinskade veroorsaak kan word.
  • op een jaar glad nie vertroeteling soek nie, maar wegskram van aanraking. Dit kan dui op foutiewe sosiale ontwikkeling. op een jaar nog glad nie reageer op prenteboeke nie, jou nie probeer na-aap of begin om in babataal te brabbel nie. Haar intellektuele ontwikkeling is moontlik gestrem.

Indien jy bekommerd is dat jou kind se ontwikkeling te stadig is gemeet aan die gemiddeldes soos aangedui in die skakel hieronder, gesels gerus met jou dokter of kinderarts oor ’n formele evaluering. Vroeë opsporing van probleme en die regte behandeling kan help dat jou kind sy volle potensiaal bereik.

Baba Mylpale

Nog inligting:

Child developmental stages

Baby centre

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE