Geboorte tot 12 maande
Kinders groei verstommend vinnig in hul eerste lewensjaar: Hul gewig verdriedubbel en hul lengte neem met die helfte toe. Kom saam op ’n blitsreis deur jou baba se ontwikkeling
Deur die Health24-span
ALLE kinders
kruip nie op sewe
maande en loop
op twaalf maande
nie.
Tog is dit
moontlik om ’n
kind se vordering
te vergelyk met
die gemiddelde mylpale van ontwikkeling vir
elke ouderdomsgroep.
Sommige mylpale is interessante
gemiddeldes, terwyl ander die eerste
waarskuwingstekens van ’n probleem kan
aandui.
As ’n kind op sewe maande nog nie sy
eerste tand het nie, beteken dit bloot dat hy
later as ander kinders tande kry, maar gevaarligte
moet flikker as jou baba:
- nie skrik vir ’n harde lawaai of op drie maande sy kop draai
wanneer jy agter hom gesels nie. Laat so gou moontlik gehoortoetse
doen.
- op drie maande glad nie met haar oë jou gesig of ’n ligstraal
volg wanneer jy naby haar beweeg nie. Sy sien dalk swak.
- op sewe maande nog glad nie sy kop lig wanneer hy op
sy maag lê, sit terwyl jy hom stut, of begin omrol nie. Dit
kan op lae spiertonus of spastisiteit dui, wat moontlik deur
breinskade veroorsaak kan word.
- op een jaar glad nie vertroeteling soek nie, maar wegskram
van aanraking. Dit kan dui op foutiewe sosiale ontwikkeling.
op een jaar nog glad nie reageer op prenteboeke nie, jou
nie probeer na-aap of begin om in babataal te brabbel nie.
Haar intellektuele ontwikkeling is moontlik gestrem.
Indien jy bekommerd is dat jou kind se ontwikkeling te
stadig is gemeet aan die gemiddeldes soos aangedui in die skakel hieronder,
gesels gerus met jou dokter of kinderarts oor ’n formele
evaluering. Vroeë opsporing van probleme en die regte behandeling
kan help dat jou kind sy volle potensiaal bereik.
Baba Mylpale
Nog inligting:
Child developmental stages
Baby centre