Share

Tekens dat jou metgesel jou verkul

accreditation

As jou metgesel se gedrag skielik verander, en jy is nie seker hoekom nie, is dit moontlik dat hy jou verkul.

Hierdie tekens is ook van toepassing op vroue, so lees 'hy/sy' wanneer 'hy' gebruik word. 'n Seksuoloog neem 'n paar van die klassieke tekens van kullery onder die loep:

  • Daar is veranderinge in sy gedrag en roetines te bespeur.
  • Hy begin om oefening te doen. (Miskien is hy op pad na 'n ander vrou se huis.) 
  • Hy hou op om seks met jou te hê, inisieer meer seks of openbaar nuwe seksuele gedrag.
  • Hy begin versigtig eet, of begin met 'n dieet.
  • Hy koop nuwe klere.
  • Hy raak senuweeagtig wanneer die foon lui. Wanneer hy antwoord, praat hy saggies. 
  • Hy werk skielik dikwels laat en oor naweke.
  • Hy vind redes om oornag weg te bly.
  • As hy op besigheidsreise gaan, is hy geheimsinnig oor sy reisplan, vlug of hotelbesonderhede. Hy raak kwaad as jy vra waar hy gaan wees en wanneer hy terugkom. Hy sê hy kan nie bereik word nie.
  • Hy vat oor naweke alleen die pad en bied 'n flou verskoning aan.
  • Hy raak kwaad of verdedigend wanneer jy hom vra wanneer hy huis toe kom of waarheen hy gaan. 
  • Hy begin kredietkaart-strokies, telefoonrekeninge, selfoon-rekords, ens. 'verloor'.
  • Hy stel sy selfoon op 'voice mail'. 
  • Sodra hy by die huis kom, gaan hy dadelik stort of sy tande borsel. 
  • Hy is buitengewoon geheimsinnig oor sy skedule en die mense wat hy ontmoet. Hy is kortaf wanneer jy belangstelling toon. Hy beskou jou normale belangstelling as inbreuk op sy privaatheid. 
  • Wanneer jy hom by die werk bel, aanvaar hy nie jou oproepe nie of sny jou af. Wanneer jy hom saans of oor naweke bel, antwoord hy nie.
  • Hy is nie waar hy sê hy gaan wees nie. 
  • Hy hou op om jou saam te neem na werk- of werkverwante sosiale geleenthede. As hy dit wél doen, tree sy medewerkers anders teenoor jou op. 
  • Hy gee jou juwele of blomme wanneer hy dit nie vantevore gedoen het nie. Dit is presente om sy gewete te sus. 
  • Sy buie is wispelturig. Om saam met hom te lewe, is soos 'n wipplank – jy weet nooit wanneer hy gaan ontplof nie.
  • Hy begin om jou voorkoms te kritiseer.  
  • Hy begin boeke oor seks lees. 
  • Jy ontvang eienaardige telefoonoproepe soos: "Ek dink jy behoort te weet oor jou man..."
  • Hy haal sy trouring wat hy tot nou toe gedra het af.
  • Wanneer julle saam uitgaan, gee hy meer aandag aan ander vroue. Hy is meer oplettend oor ander vroue.
  • Hy begin sy laaie sluit; hy wil nie hê jy moet aan enige van sy besittings vat nie. 
  • Hy begin sy eie wasgoed doen. 
  • Hy hou sy beursie en aktetas baie privaat.
  • Hy wil nie meer hê dat jy hom op besigheidsreise vergesel nie.
  • Hy begin in sy slaap praat en is oor die algemeen meer rusteloos as gewoonlik.
  • Hy begin positiewe kommentaar oor een spesifieke vrou maak. 
  • Hy begin kondome in sy reistas dra.
  • Hy raak stil en slaan heeltemal toe wanneer jy hom enigiets oor homself vra.
  • Hy voel soos 'n baksteenmuur wanneer jy probeer om hom te omhels.
  • Hy hou op om liefdevol te wees.
  • Hy slaap snags so ver weg van jou in die bed dat hy byna aan die ander kant afval. 
  • Hy vind redes om in die gastekamer te slaap.
  • Hy is ongewoon kort van draad en geïrriteerd.
  • Hy is die meeste van die tyd teruggetrokke en ingedagte.
  • Hy sê vir jou hy het sy privaatheid nodig en stel voor dat jy vir 'n rukkie weggaan.
  • Hy is onverskillig teenoor jou of ignoreer jou heeltemal.
  • Hy kommunikeer selfs minder as gewoonlik. 
  • Hy is buitengewoon koud en afgetrokke.

Kyk wat ander forumgebruikers wat al verkul is, sê.

Lees wat CyberShrink's sê oor of vertroue weer opgebou kan word.

(Elna McIntosh, seksuoloog, hersien 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE