Share

Rook sleg vir seks

'n Nuwe studie dui aan dat rook jou dalk in die slaapkamer kan kniehalter.

Mans wat suksesvol ophou rook het, het in laboratorium-metings van seksuele gesondheid beter gevaar as dié wat teruggesak het ná 'n ophou-rook-program. Die bevindings toon dat rook ook die seksuele gesondheid van mans wat hulself as heeltemal voldoende in die slaapkamer beskou, mag beïnvloed – nie net dié wat probleme met impotensie het nie, sê die navorsers.

"Jonger mans beskou die risiko's van rook as iets wat op hierdie stadium nog nie 'n probleem is nie. Hulle dink, 'Ek hoef my eers later hieroor te bekommer,'" sê die skrywer van die studie, Christopher Harte, van die VA Boston Healthcare System.

Hy sê die bevindings is nog nie deurslaggewend nie. "Ongeag of dit regtig van toepassing is op alle mans wat rook, of nie, die mikpunt was eintlik om mans bewus te maak van hierdie bevinding, sodat dit hulle besluit om op te hou rook, kan beïnvloed," het hy aan Reuters Health gesê.

Penis groter wanneer rokers ophou

Harte en sy mede-outeur Cindy Meston van die Universiteit van Texas in Austin het 65 mans sonder self-erkende impotensie by 'n agt-weke ophou-rook-program, met die hulp van nikotien-pleisters, betrek. Voor hulle behandeling, halfpad daardeur en 'n paar weke agterna het hulle die mans in 'n laboratorium toegesluit en vir hulle 'n prikkelende film gewys.

Terwyl hulle gekyk het, het die mans boek gehou van hoe opgewonde hulle was en 'n toestel het gemeet hoeveel hulle penisse gegroei of gekrimp het. Hulle het apart ook opnames oor hulle seksuele funksie buite die laboratorium ingevul, insluitende vrae oor seksuele begeerte en seksuele bevrediging.

Teen die einde van die studie was daar 20 mans wat ten minste vir 'n week lank nie gerook het nie en 45 wat nog steeds gerook het.

Dié wat opgehou het, het meer van 'n penisvergroting, wat in wydte gemeet is, nie in lengte nie, ondervind as diegene wat nog gerook het. Gebaseer op hulle eie telling het hierdie mans ook gouer hulle hoogste vlak van seksuele opwinding bereik as die rokers.

Rook veroorsaak kanker

Mans wat opgehou rook het, het egter geen verbetering in hulle sekslewe in die werklike lewe aangedui nie, volgens 'n verslag in die Britse joernaal Urology International. Dit is moontlik, het hulle bygevoeg, dat die verbeteringe wat in die laboratorium opgelet is nie so vinnig na die slaapkamer oorgedra is nie.

"Dit mag langer vat vir mans om subjektief die verskil buite die laboratorium agter te kom, iets wat natuurlik ook te doen het met hulle verhouding met hul seksuele metgesel," sê Harte.

Alhoewel rook aan 'n hele klomp ander gesondheidsprobleme soos kanker en hartsiekte gekoppel kan word, meen die navorsers dat hulle bevinding 'n nuwe wapen is vir dokters om mans aan te spoor wat onwillig is om te probeer ophou rook.

Vorige navorsing het getoon dat langtermyn-rokers tot twee keer meer geneig tot impotensie is as nie-rokers.

Rook vertraag bloedvatuitsetting

"Daar is redelik baie data wat rook as 'n groot risikofaktor by erektiele disfunksie identifiseer," volgens 'n e-pos van Dr Lydia Bazzano, wat die onderwerp aan die Tulane University Health Sciences Centre in New Orleans, bestudeer het.

Rook kan bloedvatuitsetting, wat nodig is om 'n ereksie te kry, vertraag, het Bazzano aan Reuters Health gesê.

Sy sê egter ook dat dit nie net van toepassing op mans met ernstige erektiele probleme is nie.

"Die sentrale punt is dat selfs mans wat nie ’n kliniese diagnose van erektiele disfunksie het nie... ook daarby kan baat om op te hou rook."

(Reuters Health, September 2011) 

Lees verder:
Rokers
Impotensie

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE