Share

Kyk met nuwe oë na jouself

Dié oefeninge het die mag om jou te help om jou houding oor jou lyf te verander. Onthou, dit kan 'n ruk duur voor jy 'n meer gebalanseerde liggaamsbeeld het. Wees dus geduldig. En moenie te krities wees nie.

Vat jou tyd en geniet elke positiewe gevoel en reaksie – hoe gering ook al. As hierdie oefeninge jou fisiek goed laat voel, gaan jou denke bes moontlik ook daarby aanpas.

ONTSPANNING

Die belangrikste oefening is om te leer hoe om te ontspan, om diep asem te haal, bewus te wees van jou lyf en om jou gevoelens die oorhand oor jou gedagtes te laat kry.

Sit of lê in 'n gemaklike posisie, hande langs jou sye, voete langs mekaar. Maak jou oë toe. Praat met elke liggaamsdeel – jou tone eerste – en sê hulle aan om te ontspan. Werk jou pad op deur jou voete, enkels, dye, heelpad boontoe tot by jou kroontjie. Wanneer jy volledig ontspanne is, haal tien keer diep asem. Verbeel jou dat daar 'n ballon onder jou naeltjie is. Wanneer jy inasem, kyk hoe die ballon uitsit en hoe dit weer pap word wanneer jy uitasem. Geniet die gevoel. Maak dan jou oë stadig oop.

SENSUELE, DANSENDE HANDE

Hierdie Tantriese oefening sal jou help om in voeling te kom met jou sensualiteit.

Kry 'n stil plekkie en hou jou hande in die lug sodat net jou vingerpunte aan mekaar raak. Vryf nou jou vingerpunte stadig en sag teen mekaar. Haal diep asem en konsentreer daarop om elke klein gevoel te ervaar. Plaas jou palms en vingers ná 'n paar minute teen mekaar.

Begin dan stadig en saggies met 'n handedans waar jy jou vingers, naels, kneukels, die agterkant van jou hande en jou palms verken. Gebruik 'n paar minute om die gevoel en die eenvoudige plesier van al die sensasies te geniet.

Beweeg dan jou hande na weerskante van jou gesig en herhaal hierdie oefening oor jou wange, lippe, voorkop, wenkbroue, ken en oral tussenin. Maak jou oë stadig oop, haal 'n paar keer diep asem en wees bewus van hoe jy voel.

Nadat jy hierdie vyfminute-oefening gereeld 'n paar weke lank gedoen het, brei dit uit na een nuwe liggaamsdeel op 'n slag – jou voete, bene, arms, maag, bors en geslagsdele.

SENSUELE LYFDUET

Sit oorkant jou maat en hou jul hande in die lug sodat net jul vingerpunte raak. Maak dan net soos in die oefening bo en begin om jou maat se vingers saggies en stadig te verken. Beweeg verder na die hande en die gesig en bestee 'n paar minute aan elk.

Gaan ná 'n paar weke aan na 'n ander liggaamsdeel. Namate jy dit begin geniet om aan te raak en aangeraak te word, sal jy anders begin voel oor jou lyf. En jy sal meer wil ontdek en ervaar – maak nie saak hoe jy lyk nie. Om die waarheid te sê, jy sal jou minder begin kwel oor hoe jy lyk en meer ingestel wees op wat jy voel en waarvan jy hou. En hoe meer plesier jy ervaar, hoe meer kán jy ervaar...

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE