Share

Hoogtepunte in die geskiedenis van seks

Deesdae het die meeste mense maklike toegang tot inligting oor seks en seksuele keuses. Vir duisende jare was dit egter nie die geval nie en vooruitgang en die verspreiding van inligting was stadig. Hier is 'n paar mylpale op die lang pad na seksuele openlikheid.

  • In die jaar 130 is die woord gonorrhea deur die bekende Griekse dokter Galen uitgedink. Dit het beskryf wat hy gedink het een van die simptome van die siekte was. Dit beteken letterlik 'die vloei van saad'.
  • In 1191 aan die begin van sy eerste kruistog teen die ongelowiges het koning Richard die Leeuhart in Marseilles aangekom, en was geskok om te ontdek dat sy voorhoede betroubare ridders al sy fondse vir die veldtog op prostitute uitgemors het.
  • Angela de Labarthe van Toulouse was die eerste vrou wat op die brandstapel verbrand is omdat sy na bewering omgang met die duiwel gehad het. Haar misdaad is 'ontdek' nadat sy in 1275 glo geboorte geskenk het aan 'n kind met die kop van 'n wolf en die stert van 'n slang.
  • Die woord 'seks' het die eerste keer in Engels sy verskyning in Wycliffe se vertaling van die Bybel gemaak: "Of alle thingis havynge sowle of ony flesh, two thow shalt brynge into the ark, that maal sex and femaal lyven with thee."
  • In 1484 is Pous VIII Innocent verkies. Sy bynaam was 'Eerlik' omdat hy die eerste pous was wat sy buite-egtelike kinders in die openbaar erken het.
  • In 1492 het sifilis sy boosaardige verskyning in Europa gemaak. Twee gebeurtenisse word vir hierdie onverwagse gebeurtenis verantwoordelik gehou – die Franse aanval op Napels en die terugkeer van Columbus van die Nuwe Wêreld.
  • In 1560 het Gabriel Fallopius die eerste kondoom ontwikkel – 'n linne-skede wat om ooglopende redes nie juis effektief was nie.  
  • In 1611 is twee ongetroude vroue wat by hulle aankoms in Virginia swanger was sonder meer na Engeland teruggestuur. Die idee was om die risiko vir promiskuïteit in die kolonie uit te wis.
  • Mary Mandame van Plymouth was die eerste vrou wat gedwing is om 'n kenteken aan haar klere te dra omdat sy 'n seksuele wandaad gepleeg het. Dit was in 1639.
  • Die Hertog van Orleans is in1640 gebore. Hy is as 'n meisie grootgemaak sodat hy nie 'n bedreiging vir sy broer sou wees nie. Hy het later met 'n geparfumeerde pruik en hoë hake sy soldate op die slagveld gelei.
  • In 1653 is 'n 89-jaar-oue vrou in Engeland weens egbreuk tereggestel.
  • Anton van Leewenhoek het in 1677 deur 'n mikroskoop na ’n monster van sy eie semen gekyk en spermselle ontdek.
  • In 1714 het die Katolieke Kerk die bieg-vereiste verbied dat mans die name van die vroue met wie hulle owerspel gepleeg het, noem, omdat dit geblyk het dat die priesters hierdie inligting vir hulle eie duistere doeleindes gebruik het. 
  • Nadat dit vir verskeie jare verban is, het prostitusie in 1750 opnuut in Londen gefloreer. Die prys vir die dienste van 'n maagd het van £50 tot £5 gedaal.
  • In 1782 het 'n Londense klereverkoper se vrou geboorte geskenk aan 'n baba wat deur kunsmatige bevrugting verwek is. Die dokter se naam was John Hunter.
  • Die eerste lesbiese roman met die titel Mary, a Fiction is in 1788 deur Mary Wollstonecraft uitgegee.
  • Teen 1827 is kondome wat van skilpaddop en leer gemaak is reeds in die Verre Ooste gebruik.
  • In 1834 het Sylvester Graham (1794 – 1851) gewaarsku dat elke ejakulasie 'n man se lewensverwagting verlaag.
  • 'n Egskeidingshof is in 1857 in Engeland ingestel. Egbreuk was rede genoeg vir 'n man om 'n egskeiding te kry, maar vroue moes addisionele dinge soos sodomie, verkragting of bloedskande bewys om 'n egskeiding toegestaan te kry. 
  • In 1882 het Aletta Jacobs die wêreld se eerste geboortebeperking-kliniek in Nederland geopen. Sy het die diafragma, ook bekend as die 'Dutch cap' bekend gemaak.
  • In 1895 is Oscar Wilde tot twee jaar harde arbeid vir sy homoseksualiteit gevonnis.  
  • In 1912 het dr. Paul Ehrlich 'n geneesmiddel vir sifilis ontdek. 
  • Die wêreld se eerste naakkalender is in 1913 gepubliseer.
  • Andre Gide, 'n Franse skrywer was die eerste moderne openbare figuur wat in die openbaar erken het dat hy homoseksueel was. Dit was in 1924. 
  • In 1948 het dr. Alfred Kinsey 'Sexual Behavior in the Human Male' gepubliseer en vyf jaar later 'Sexual behavior in the Human Female'.
  • In 1952 is die eerste geslagsveranderingsoperasie deur Deense dokters op George Jorgensen uitgevoer.
  • Die tydskrif Playboy het in 1953 vir die eerste keer verskyn.
  • Die geboortebeperkingspil het vir die eerste keer op die ope mark verskyn. Dit het aan vroue baie meer seksuele vryheid gegee en aanleiding gegee tot die seksuele revolusie in die sestigerjare. 
  • In 1966 het Masters en Johnson 'Human Sexual Response' gepubliseer.
  •  In 1971 is die wêreld se eerste kommersiële spermbank in New York geopen.
  •  In 1972 het Cosmopolitan die eerste naakte manlike middelbladfiguur gepubliseer. 
  •  Teen 1976 het byna 70% van alle Amerikaanse paartjies een of ander soort voorbehoedmiddel gebruik. 
  •  In 1978 is Louise Brown in Brittanje gebore. Sy was die wêreld se eerste proefbuisbaba. Haar geboorte het nuwe hoop aan baie kinderlose egpare gegee.
  •  Teen die vroeë 1980's het die eerste mense aan MIV/vigs begin doodgaan. Voor dít is daar beslis baie mense daaraan oorlede, maar dit is moontlik verkeerdelik as kanker of longontsteking gediagnoseer. Die virus het intussen dwarsoor die wêreld versprei en Afrika suid van die Sahara is die ergste getref. 

(Inligting uit The People's Almanac, geredigeer deur David Wallechinsky)

(Health24, hersien Maart 2011)
 

Lees verder:
Gebruik hierdie geleentheid om meer uit te vind oor 'n paar Basiese Liggaamfeite

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE