Share

Hoe seks-lirieke kinders beïnvloed

Het seksuele lirieke in populêre musiek 'n impak op die seksuele gedrag en ingesteldheid van adolessente?

Navorsers Cougar Hall, Joshua H. West, en Shane Hill van Brigham Young University in Provo, VSA, het die neiging om toenemend seksueel-eksplisiete lirieke in moderne musiek te gebruik, bestudeer. Hulle bevindings wat aanlyn in die joernaal Sexuality & Culture gepubliseer is, is stof tot nadenke vir opvoeders wat op gesonde seksuele ontwikkeling fokus.

Hall verduidelik: "Gebaseer op ons vorige navorsing oor die verbinding tussen seksueel gelaaide musiek-lirieke en adolessente seksuele gedrag, voorspel ons bevindings ongelukkig 'n stormagtige toekoms vir seksualiteit-opvoeders."

Die hoeveelheid musiek waarna 8- tot 18-jaar-oue kinders luister, het oor die afgelope paar jaar met 45% gestyg en as gevolg van die gewildheid van MP3-spelers soos iPods dramaties toegeneem. Vorige navorsing het aangedui dat daar 'n sterk skakel tussen blootstelling aan seksuele media (rolprente en musiek) en seksuele aktiwiteit is. Tieners neig om die seksuele aktiwiteit van hulle portuurgroep te oorskat, en één bron van hierdie wanpersepsie is die vermaaklikheidsmedia.

Die studie

In hierdie studie het die navorsers die lirieke van die top 100 liedjies van die "Bilboard Hot 100 year-end most popular songs" elke dekade van 1959 tot 2009 geanaliseer. Hulle het gevind dat manlike en "nie-blanke" kunstenaars oor die afgelope twee dekades meer geneig was om liedjies met seksuele lirieke te skryf en dat daar in 2009 in die geheel meer seksuele verwysings was as in 1959.

Die outeurs wys daarop dat nie alle seksuele verwysings dieselfde is nie en dat vernederende en seksueel-eksplisiete musiek 'n negatiewe uitwerking op tieners kan hê. Dit kan veroorsaak dat veral meisies hulle persoonlike waarde slegs op ’n seksuele vlak beoordeel en tot 'n swak liggaamsbeeld, depressie, eetversteurings en middelmisbruik lei.

Bevindings wek kommer

Die skrywers meen dat hulle bevindings ernstige kwessies oor die bevordering van ongesonde seksuele boodskappe in musiek aanspreek. Hulle sê ter afsluiting: "Populêre musiek kan jong mans leer om seksueel aggressief te wees en vroue as objekte te behandel, en dikwels ook die boodskap aan jong vroue oordra dat hulle waarde in die gemeenskap daaruit bestaan om seksuele plesier aan ander te voorsien. Dit is baie belangrik vir die gemeenskap dat seksualiteit-opvoeders bewus raak van hierdie kwessies en die impak daarvan op adolessente seksuele gedrag." - (EurekAlert!, September 2011)

Lees verder:
Gesprekke oor seks met tieners
Tiener-seksgesprekke op Facebook kommerwekkend

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE