Share

Foute wat mans in die slaapkamer maak

Julle het reeds tot by jou slaapkamer gevorder. Wat kan op hierdie stadium nog skeefloop? Baie dinge – lees die onderstaande, en vind uit waarom sy nie bel nie en jou oproepe ignoreer.

  • Nie skeer nie. Net soos die liefde maak 'n stoppelbaard seer. Wanneer jy jou ken oor haar gesig of dye vryf, kan dit kreune, nie van plesier nie, maar van pyn wees.
  • In haar oor blaas. Daar's 'n groot verskil tussen erotiese fluisterwoorde in haar oor en 'n gehyg soos 'n blaasbalk.
  • Met haar nippels speel. Nippels is sensitief en moet sagkens behandel word, en nie woes rondgedraai word soos 'n radio se volume-knoppie nie.
  • Die res van haar liggaam ignoreer. 'n Vrou bestaan nie net uit twee borste en 'n vagina nie. Moenie die res van haar liggaam afskeep nie.
  • Nie gebruikte kondome weggooi nie. Dit is die verantwoordelikheid van die persoon wat die kondoom gedra het.
  • Soen kom eerste. Voorspel begin met hartstogtelike soene. Moenie hierdie stap uitlaat nie – sy sal afgeskeep voel deur jou oorhaastigheid.
  • Die klitoris betakel. Gaan sagkens te werk en moenie direkte druk uitoefen nie. Dit kan ongemaklik én seer wees.
  • 'n Blaaskansie vat. Vroue kan nie net weer begin waar hulle opgehou het nie. In hierdie opsig is hulle anders as mans. As jy ophou, moet jy dikwels weer heel van voor af begin.
  • Dadelik jou broek uittrek. Daar is min dinge so onaantreklik soos 'n man met net sy sokkies, hemp en onderbroek aan.
  • Te vinnig beweeg. Onthou, dis nie die Olimpiese spele nie. Dis nie nodig om soos 'n lugboormasjien tekere te gaan nie. Bou jou tempo stadig op – en altwee van julle mag dit dalk meer geniet.
  • Vra of sy orgasme bereik het. Jy moes dit tog agtergekom het, of hoe? As die tekens nie daar was nie, kan jy maar aanneem dat dit nie gebeur het nie.
  • Haar kop afwaarts druk. Alle vroue haat dit. Dit dui op desperaatheid wanneer mans dit doen. Vir vroue voel dit amper asof sy deur 'n Neandertal-man aan haar hare grot toe gesleep word. As altwee van julle orale seks geniet, sal dit van self gebeur. Moet haar nie probeer dwing nie.
  • Foto's neem. Haar eerste gedagte is altyd: "Vir wie wil jy die foto's wys?"
  • Tem die vampier in jou. 'n Sagte suig-aksie aan die kante van die nek kan hoogs eroties wees, maar byte kan seer wees en infeksies veroorsaak. Wie wil in elk geval nou in die middel van die somer polonek-truie dra?
  • Gewigtige sake. Onthou net dat die meeste mans meer weeg as vroue. As jy met jou volle gewig op haar lê, mag sy dalk net ophou asem haal.
  • Gekruide woordeskat. Dit mag jou dalk net soos 'n desperate klant op 'n foonseks-lyn laat klink. Luister eers na haar – as sy nie rowwe taal gebruik nie, los dit maar liewer.
  • Moenie agterna dankie sê nie. Dit laat jou desperaat klink, asof sy jou 'n guns bewys het. Jy sal háár nie weer sien nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE