Share

Die Pil beïnvloed keuse van lewensmaat

Vroue wat die Pil neem, neig om mans as metgeselle te kies wat minder aantreklik en nie so goed in die bed is nie, maar 'n beter keuse vir 'n lang-termyn verhouding, volgens 'n ongewone studie.

As deel van 'n studie oor die effek van geboortebeperkingshormone op die keuse van 'n maat, het navorsers 2,519 vroue in die VSA, die Tsjeggiese Republiek en Kanada, wat al ten minste een kind gehad het, ondervra.

Die vrywilligers is gevra om hulle verhouding te beoordeel in terme van algemene tevredenheid en seksuele genot, en die aantreklikheid van hulle metgesel of eks.

Orale kontrasepsie is deur 1,005 vroue gebruik toe hulle hul metgesel ontmoet het, terwyl 1,514 geen vorm van hormonale geboortebeperking gebruik het ten tye van hulle eerste ontmoeting nie.

Positiewe en negatiewe effekte

"Ons resultate toon positiewe en negatiewe effekte van die Pil wanneer 'n vrou haar metgesel ontmoet," sê Craig Roberts van Stirling Universiteit, Skotland, wat die ondersoek gelei het.

"Sulke vroue mag gemiddeld minder tevrede met die seksuele aspekte van hulle verhouding, maar meer met die nie-seksuele aspekte wees. In die geheel het vroue wat hulle metgesel ontmoet het terwyl hulle op die Pil was langer verhoudings gehad – 'n gemiddelde van twee jaar – en was minder geneig om hul verhoudings te beëindig."

Roberts vermoed dat die Pil die chemikalieë van die onderbewussyn, wat die manier hoe 'n vrou haar metgesel kies, beïnvloed.

Tydens 'n vorige ondersoek het hy gevind dat orale voorbehoedmiddels vroue se voorkeure wat mans se liggaamsreuk betref, verander.

Gesonder kinders

Wanneer vroue nie op die Pil is nie, is hulle uitgelewer aan die sterk hormonale skommelinge van die menstruele siklus.

Gedurende ovulasie verkies hulle sonder om dit te besef die reuk van mans wat geneties van hulle verskil.

Die evolusionêre verduideliking hiervoor is dat babas van geneties uiteenlopende paartjies neig om gesonder te wees en 'n beter kans vir oorlewing het.

In hierdie vroeëre navorsing het Roberts gevind dat vroue op die Pil egter die reuk van geneties soortgelyke mans verkies.

Dit was omdat kontrasepsie die normale hormonale skommelings van die menstruele siklus afplat. 

Goeie pa's verkies

Die hormoonvlakke het tipies die nie-vrugbare fase van die menstruele siklus weerspieël, wanneer vroue "meer aangetrokke voel tot mans wat meer sorgsaam en betroubaar voorkom – goeie pa’s met ander woorde," sê Roberts.

Alhoewel sulke mans 'n beter keuse vir langtermyn verhoudings is, is daar nog steeds 'n risiko dat die verhouding kan skipbreuk ly.

'n Minder vrolike bevinding van die studie was: "Vroue wat orale kontrasepsie gebruik wanneer hulle hul metgesel ontmoet, is geneig om hom minder aantreklik te vind, is minder entoesiasties oor seks en verwerp meer gereeld seksuele toenadering namate die verhouding ontwikkel, en is ook meer geneig om die verhouding te beëindig wanneer dit gebeur."

Die nuwe navorsing gee die teorie van seksuele "chemie" 'n belangrike statistiese hupstoot, maar lei ook tot 'n nuwe dilemma.

Opwindend of betroubaar?

Waarvoor moet 'n vrou mik, opwindend of betroubaar?

Die beste raad vir vroue wat nie vertrou wat hulle liggame hulle vertel nie, is om die Pil te staak en 'n kondoom te gebruik, meen Roberts.

" 'n Nie-hormonale versperring-tipe voorbehoedmiddel 'n vir 'n paar maande voor die troudag is miskien een manier vir 'n vrou om seker te maak, of haarself gerus te stel, dat sy nog steeds aangetrokke tot haar metgesel voel," sê hy.

Die vrywilligers vir die studie is deur persoonlike kontak, sosiale netwerk webwerwe en advertensies op swangerskap- en ouerskap forum webwerwe gewerf. Uit die 2,519 vroue was 1,761 vroue steeds in 'n verhouding met die biologiese pa van hul eerste kind. 

(Sapa, Oktober 2011) 

Lees verder:

Die Pil

Menstruele siklus

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE