Share

9 vrae oor seks

Sal my metgesel se metaalringe my seermaak, kan seksdrif 'n groot ouderdomsgaping te bowe kom en hoe veel weet jy werklik oor vasektomie? Die Sexologist beantwoord 'n paar aktuele vrae.

V:  Seks met oorgewig eggenoot

Hoe bevredig jy jou man as hy 60 kg oorgewig is en nie wil hê jy moet aan hom vat nie? Masturbeer hy op ouderdom 49? Hy slaap in 'n ander kamer. Ek het al moed verloor met seks en ek bly net by hom ter wille van my kind. Hy is 'n goeie pa. Kan ek hom 'n ultimatum gee: verloor binne 'n jaar daardie gewig, of ek loop?!

A:  Dit klink asof jou verhouding beslis een of ander vorm van ingryping nodig het. Ek sou aanbeveel dat jy die moontlikheid oorweeg om die hulp en leiding van 'n sielkundige in te roep – hopelik sal altwee van julle gaan, maar selfs al wil hy nie saam gaan nie, sal dit nog steeds vir jou baat om alleen te gaan.

Jy het 'n kind en enige besluite en reaksies moet so konstruktief as moontlik wees. Jy kan 'n soort skokbehandeling soos 'n ultimatum oorweeg, maar wees voorbereid daarop dat hy mag kies om niks aan sy gewig te doen nie, wat sal beteken dat jy jou ultimatum moet uitvoer. Dit is duidelik dat jy ongelukkig is met die toedrag van sake en dat jy leiding en hulp nodig het om 'n situasie te skep wat goed vir jou en jou kind is. Wat die masturbasie betref – as julle nie seks het nie, is dit hoogs waarskynlik dat hy masturbeer.

V:  Bipolêr en seksdrif

Ek is 28 jaar oud en vind dit deesdae baie moeilik om te klimaks. Ek is meer as 'n jaar gelede met bipolêre afwyking gediagnoseer, maar hierdie probleem het eers onlangs begin. Hier is 'n lys van die medikasie wat ek neem: Geodon; Valium; Trepiline; Sandoz Flunitrzempan; Epitec; Epilen.

A:  Die feit dat jou medikasie sentrale senustelsel-onderdrukkers is, beteken dat hulle newe-effekte die manier hoe jou senustelsel plesier-sensasies prosesseer, beïnvloed. By vroue kan dit tot anorgasmia lei – die term wat gebruik word om orgasme-probleme te beskryf.

V:  Riskante seks

My kêrel is MIV-positief en ons gebruik nie kondome tydens seks nie, maar hy ejakuleer nie binne my nie. Ons doen dit nou al vir drie jaar en ek wonder nou: is daar enige gevare verbonde hieraan? Die rede hoekom ons dit doen, is omdat die meeste soorte kondome sere veroorsaak. Ek gaan vier keer per jaar vir ’n MIV-toets. Gee asseblief raad oor die risiko's.

A:  Jy mag dalk 'n lateks-allergie hê, wat die rede is hoekom jy probleme met kondome ondervind. Lateks-allergie is redelik algemeen. Gelukkig is daar deesdae 'n hele paar alternatiewe (nie-lateks) kondome op die mark. Jy moet egter seker maak dat jy al die inligting oor die voor- en nadele van altwee soorte bekom. Die volgende skakel mag dalk interessant wees: http://sexuality.about.com/od/contraception/a/condomlatexalle.htm. Jy moet ook liewer professionele raad by jou mediese dokter inwin om seker te maak dat jou diagnoses korrek is en dat daar nie dalk 'n ander onderliggende infeksie is nie. Dit is altyd beter om versigtig te wees.

V:  Kanker van die testes

Ek het gewonder, as ek na my dokter toe gaan om vir kanker van die testes te laat toets, hoe doen hy dit? Doen hy iets soortgelyk aan self-eksaminering?

A:  Ja, dit is 'n soortgelyke metode, maar daar is ook ander ondersoeke wat hy kan doen. As jy dink jy het kanker van die testes, is dit belangrik dat jy so gou as moontlik jou dokter raadpleeg!

V:  Pynlike seks

Ek is met 'n vergrote uterus gediagnoseer (Adenomyosis). Dit affekteer tot so 'n mate ons sekslewe dat ek seks met my man heeltemal vermy omdat dit so pynlik is. As ons wel omgang het, kry ek nie soos voorheen orgasmes nie (G-kol). Is dit moontlik dat die vergrote uterus my G-kol blokkeer? Ek is aangeraai om 'n histerektomie te laat doen. Sal 'n histerektomie hierdie probleem oplos?

A: Ek is jammer om te hoor dat jy soveel ongemak verduur. Dit is bekend dat wanneer jy pyn verwag wanneer jy omgang het, dit jou gewone seksuele reaksies mag beïnvloed.

Omdat ek nie 'n ginekoloog is nie, is dit nie vir my moontlik om jou oor die diagnose van adenomyosis te adviseer nie. Jy moet jou deur jou ginekoloog laat lei oor watter behandeling die beste vir jou sal wees.

V:  Sal my kêrel se metaalringe my seermaak?

My ou en ek is altwee in ons 30's, maar het nog nie seks gehad nie. Ons beplan om volgende naweek wanneer ons weggaan die ding te doen. Ek is egter bekommerd oor sy penisringe. Hy het 'n ring in die kop van sy penis en 'n "stud" verder ondertoe. Alhoewel ek nie 'n maagd is nie, het ek lanklaas seks gehad en ek wil hê ons naweek moet spesiaal wees. Maar ek is bekommerd dat sy "juwele" my mag seermaak. Ek het al klaar my geboortebeperkingsinspuiting gehad en uitlokkende onderklere gekoop en ek kan skaars wag, maar wat moet ek verwag van sy "toebehore"? Ek het dit al gesien; dit lyk interessant, maar 'n bietjie intimiderend.

A:  Genitale deurborings is ontwerp om die plesier van die persoon met die ringe én sy/haar seksmaat te verhoog.

Jy het egter die reg om te vra dat julle 'n bietjie briek aandraai tot jy genoegsaam ontspan het, of dat julle meer lubrikasie gebruik. Jy het die reg om keuses te maak oor jou eie liggaam.

Miskien kan dit help as jy aan die ringe raak of daarmee speel as deel van die voorspel – dit mag jou meer ontspanne laat voel.

V:  Hoe beïnvloed ouderdom seksdrif?

Ek is 29 en my man is 41. Ons is al 6 jaar getroud en die afgelope jaar het ek agtergekom dat my man nie meer so baie in seks belang stel soos voorheen nie. Ek sorg goed vir myself en lyk net so aanloklik soos altyd. Ek is lief vir hom, maar ek raak stadigaan moeg vir sy gebrek aan belangstelling.

A:  Ouderdom kan metgeselle se behoefte aan intimiteit deur middel van seksuele omgang beïnvloed. Die fokus neig om te skuif van seksuele omgang na seksuele intimiteit soos mense ouer word. Dit kan ook wees dat jou metgesel onder baie stres verkeer.

Dit mag die moeite werd wees om seker te maak dat sy gesondheid na wense is. Miskien kan jy meer op seksuele intimiteit as omgang fokus. Dit kan ook help as die twee van julle die professionele leiding van 'n sielkundige inroep, aangesien dit dikwels gebeur dat mense verander soos hulle dieper in die verhouding inbeweeg, en miskien is dit nodig dat die twee van julle julle verhouding op nuwe, opwindende maniere herdefinieer.

V:  Vasektomie

Ek dink daaraan om 'n vasektomie te ondergaan, maar ek wil graag die volgende weet: Wat is die risiko? Wat is die voorvereistes? Sal dit my belangstelling in seks beïnvloed, en indien wél, hoe? Sal daar 'n verandering in my ejakulasie-vloeistof wees? Hoe lank voor my vasektomie kan ek nog seks hê? Wat van die dag voor my operasie? En ten slotte, hoe lank moet ek na die operasie wag voor ek weer seks kan hê?

A:  Ek wil net vinnig die inligting skets; die dokter wat die operasie uitvoer, sal verdere besonderhede verskaf.  
1. Jou belangstelling in seks sal nie beïnvloed word nie. Gedurende 'n vasektomie word die vas deferens van elke testikel net gesny of geknoop. Jou testikels sal dus aanhou om sperm en testosteroon ('n belangrike hormoon vir jou seksdrif) te produseer. Die enigste verskil is dat die sperm nie deur die vas deferens kan vloei nie. Jy sal nog steeds kan ejakuleer, maar jou ejakulasie-vloeistof sal geen spermselle bevat nie.

Wat seks voor die operasie betref – gaan gerus voort. Die belangrikste kwessie met 'n vasektomie is hoe lank na die operasie jy moet wag voor jy seks sonder voorbehoedmiddels kan hê... voor die tyd is dit nie 'n probleem nie, solank jy voorbehoedmiddels gebruik. Wat agterna betref, sal jou dokter vir jou die korrekte inligting kan gee. 

V:  Oorsensitiewe kop

My kêrel se oorsensitiewe penis-kop (glans) plaas 'n demper op ons sekslewe. Wat kan ek daaraan doen?

A:  Ek neem aan jou vriend ly aan premature ejakulasie.

Emla room wat ongeveer 'n halfuur tot een uur voor seks aangewend word, sal help. Die room moet egter voor seks afgewas word. Allergiese reaksies is moontlik en moet gemonitor word. Emla met aan die frenulum aangewend word en dan op teen die kante van die glans. 'n Besoek aan die dokter sal help om die proses ordentlik te verstaan.

Vir verdere inligting, besoek die Sex Centre

Stuur vrae aan die Sexologist

(Joanne Hart, Health24, Maart 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE