Share

Sekspeelgoed

Sekspeelgoed en -hulpmiddels is al duisende jare met ons. Ja, speelgoed van alle groottes en vorms en hulpmiddels soos jels en smeermiddels het al aan tallose mans en vroue plesier gebring.

Maar dit gebeur dikwels in die geheim en gaan gepaard met ’n gevoel van skaamte. Hoekom? Want deur die geskiedenis is sekshulpmiddels en seksualiteit self as stout, vuil, sondig en alles tussenin beskou.

Maar deesdae is dinge anders. Seksspeelgoed en -hulpmiddels het baie meer aanvaarbaar geword. Om die waarheid te sê, gewone mense die wêreld oor het die mees buitengewone speelgoed in hul bedkassie. En dis die sleutelwoord: speel.

Speelgoed is tog vir pret en speel. En die doel daarvan is plesier. Net so is seksspeelgoed ook daar vir speletjies en pret en om meer plesier uit seks te kry. Dit smaak tog sin — veral omdat een van die grootste seksuele probleme in ’n langtermynverhouding verveling is.

Seksspeelgoed kan beslis nuwe woema in jou verhouding sit. Dit gaan oor die kommunikasie, die soek en verkenning van die moontlikhede, die koop, die lag . . . selfs nog voor julle begin speel het. Dit sê aan jou maat jy stel belang in hom of haar, dat jou plesier saak maak en dat die verhouding belangrik is. En dit bring nog meer passie en opwinding in jul gedeelde seksuele ervaring.

Van ondergronds tot bogronds

In die verlede is seksspeelgoed verkoop in donker winkels waar mans in reënjasse rondhang, Wat ’n mens laat voel het jy is met iets duisters besig.

Gelukkig is dit nie meer so nie. Die verskeidenheid beskikbare hulpmiddels word net ál meer. En jy hoef nie meer stilletjies met jou inkope in ’n bruin kardoes onder jou jas by die winkel uit te sluip nie. Net soos baie aspekte van seksualiteit is seksspeelgoed ook in die oopte gebring.

Daar is niks daarmee fout om ’n seksuele wese te wees nie. En dis in die haak om goed te koop wat jou plesier meer maak. Daar is geen rede meer om skaam te wees nie. Jy kan jou speelgoed by jou apteek of in sexy boetiek koop. Of by ’n gesondheidswinkel. Dit was nog nooit makliker om pretprodukte in die hande te kry en openlik raad te vra nie.

Speel jy met die idee?

Waar begin jy? En hoe bring jy dit in jul verhouding in as dit nog nooit deel van jul bedritueel was nie?

Die eerste stap is maklik: Koop vir jou maat ’n present. Maar dink eers goed daaroor. Ontho waarvoor dit gebruik gaan word en vir wie dit is. Gee dit vir hom of haar as iets spesiaals wat mooi toegedraai is. Dis ’n intieme gebaar. Of julle kan dit saam gaan uitsoek. Maar voor julle dit doen, moet julle dit eers goed deurpraat.

In al die praatjies wat ek gee en in byna alles wat ek onderrig en skryf, kan ek kommunikasie nie genoeg beklemtoon nie. Dis belangrik om te verstaan dat seksspeelgoed nie beteken daar is iets fout met jou of jou maat nie. As daar wel probleme met jul verhouding en sekslewe is, kry gepaste hulp. Die speelgoed is daar om jul gedeelde plesier te verhoog en nie om op iemand se ontoereikendheid te wys nie.

Onthou dat daar ’n plek en ’n tyd vir speelgoed is. En dit beteken nie altyd, oral nie. ’n Mens kan verslaaf raak aan die sensasie wat sommige speelgoed gee. Dit kan meebring dat seks sonder speelgoed nie meer lekker is nie. Hou dit gebalanseerd en gebruik dit vir ekstra plesier, nie as plaasvervanger nie.

Leer die speelgoed ken

Namate ons meet openlik geword het oor seks, het winkels tred gehou en baie gewone winkels hou deesdae ook seksprodukte aan. As jy by die apteek om die hoek instap, sal jy verras wees deur die groot keuse. Die verpakking is diskreet, die aanwysings duidelik en dis tot enigeen se beskikking.

Kom ons begin by kondome: gekleur, gegeur, dun, grof . . .

Jy het seker al grappies gehoor oor geriffelde kondome, maar werk hulle regtig? Sommige vroue sê hulle voel nie veel van ’n verskil nie, selfs by kondome met verhewe kolletjies, maar ander stem glad nie saam nie – ten minste volgens ’n intieme vraelys wat onlangs omgestuur is.

As die tekstuur van die kondoom te grof is, kan dit die vagina seermaak: Gebruik dus genoeg smeermiddel. Dunner kondome kan die man se sensitiwiteit en plesier verhoog, maar die kanse is groter dat dit kan skeur. Wees dus versigtig as dit al voorbehoeding is wat julle gebruik.

Gegeurde kondome kan prettig wees vir voorspel, maar toets dit eers, want sommiges smaak baie kunsmatig en kan jou laat naar voel.

As ’n man verkies om nie ’n kondoom te dra nie, is daar altyd die vroulike kondoom as voorbehoedmiddel.

Dis effens moeilik om dit in posisie te kry, maar maak dit deel van die pret. As hy sag werk, kan dit ’n heel prikkelende storie wees . . .

Smeermiddels en masseerjels is volgende. My raad hieroor is dat hoe eenvoudiger die produkte is, hoe beter is dit vir jou lyf. Die weefsel van die geslagsdele is sensitief en jy weet nie hoe jou liggaam gaan reageer op ’n produk nie.

Daar is wel gegeurde en watergebaseerde smeermiddels, asook masseerjels en -mousse wat interessante resultate bied. Smeermiddels soos Assegai word in Suid- Afrika vervaardig en hoef nie ’n tree terug te staan vir ingevoerde smeermiddels nie.

Stel jou voor . . .

Dis naweek, dis warm, die son skyn, jy het in die son gelê, jy voel sensueel, jy stap vrieskas toe, neem ’n paar ysblokkies en vryf dit oor jou maat se lyf . . .

Daar’s ook Durex se 2in1 Massage Melts, balletjies vloeistof wat jy vries. Hulle is watergebaseer en veilig. Onthou net, nie almal hou van die sensasie van ys op vel nie. Die geslagsdele is veral sensitief en jy moet stadig werk.

Of wat van ’n orgasme-jel wat prikkeling stimuleer? Durex Play O is duur, maar heel doeltreffend.

Die meeste vroue se orgasmes begin in die kop, moet dus nie aanvaar jy gaan haar laat sterre sien sonder ekstra stimulasie nie! Hierdie produkte verhoog sensitiwiteit – die tintelende sensasie en die ekstra smering kan lei tot intense plesier. Sommige vroue sê hulle ervaar langer orgasmes met chemiese hulp. Dit kan waar wees, maar daar is die gevaar dat jy verslaaf kan raak aan die hulpmiddels. Wees ook versigtig vir chemiese prikkelmiddels wat die vel verwarm – dis dalk ’n allergiese reaksie wat jou laat brand en nie ’n seksgloed nie.

Durex het ’n opwindende reeks klein vibrators. Die Play-reeks is beskikbaar by die meeste apteke en gesondheidswinkels, reg langs die kondoomtoonbank. Die mini-vibrators het batterye met ’n beperkte leeftyd, lyk diskreet en is lekker om mee te speel. Penisringe kan baie stimulerend vir albei wees, want as dit reg geplaas is tydens omgang, kan dit die klitoris ook stimuleer. ’n Ander voordeel is dat dit nie ’n zoemgeluid maak soos ’n vibrator nie.

Onthou, vibrators hoef nie penisvormig te wees of net inwendig gebruik te word nie. Baie vroue hou van klitorisstimulasie deur ’n vibrator wat met die hand vasgehou word. Die HoMedics-reeks het herlaaibare masseerders in vele vorms. Dit is ideaal vir voorspel en opwarming.

Gebruik jou verbeelding met ’n vibrator. Elke sentimeter van jou vel is ’n ongelooflike seksuele orgaan. Voel die sensasie as jy net die punt gebruik of hou die hele apparaat plat in jou hand oor die hele lyf. Die voue van jou lyf is meer sensitief – agter die knieë, in die waai van die arms, die nek en veral die vou tussen die bobeen en die geslagsdele. Jy sal verbaas wees hoeveel plesier jy uit jou hele lyf kan kry.

Maar onthou altyd dat daar ’n plek en tyd vir die speelgoed is.

Die laaste woord

Begin stadig. Te veel op een slag kan ’n mens oorweldig sodat jy dit glad nie gebruik nie.

Jy sal van sommige speelgoed meer hou as van ander — en sommige sal net vir spesiale geleenthede wees.

Onthou, niks kan ware intimiteit vervang nie, maar speelgoed kan beslis pret en plesier in jul sekslewe bring.

 

Deur Jonti Searll

 

 

 

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE