Share

So het Wilma van der Bijl dit gedoen

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Wilma van der Bijl het 'n bewustelike besluit geneem om haar kinders, Alexia (11) en Nikolaos (10), tweetalig groot te maak. Wilma kom uit 'n Nederlandse en Afrikaanse agtergrond en het Afrikaans grootgeword. Haar man, Ari Panlis, is Grieks en praat ook Engels.

"Ek is baie trots op my Afrikaanse agtergrond en wou dit met my kinders deel. Daarom praat ek van hul geboorte af hoofsaaklik Afrikaans met hulle," sê Wilma. "Ek het ook Duitse en Nederlandse familie en ek praat dié tale ook vlot. Omdat Nederlands so na aan Afrikaans is, het ek gedink dis goed dat my kinders dit magtig is sodat hulle met my familie kan kommunikeer."

As Wilma, Ari en die kinders saam is, praat hulle hoofsaaklik Engels ter wille van Ari. "Ons kinders was nog heeltyd in Engelse skole hoewel hulle in Afrikaanse kleuterskole was," vertel Wilma. "Ek het nooit gedink die oorskakeling na 'n Engelse laerskool sou 'n probleem wees nie omdat hulle albei tale magtig is en goed oor die weg gekom het.

"Ek was van kleins af gesteld daarop om hulle te korrigeer, want ek kan dit nie verduur as hulle hul taal meng nie. Dit het nooit hul skoolwerk benadeel nie."

Deur Ari verstaan Alexia en Nikolaos 'n bietjie Grieks, hoewel hulle dit nie kan lees nie. Omdat hulle egter reeds tweetalig is, kan dit hulle help om ander tale aan te leer namate hulle ouer word. "Hulle leer Xhosa op skool en ek dring daarop aan dat hulle dit volhou tot hulle vlot is. Dis 'n belangrike taal in ons land en ek gaan nie toelaat dat hulle dit los as hulle byvoorbeeld 13 is of wanneer die skool dit nie meer in 'n sekere graad aanbied nie. Ek beskou dit as 'n voordeel om verskeie tale magtig te wees," sê Wilma.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE