Share

Pak is nie nodig nie - wenke van dr. Phil

Die bekende Amerikaanse TVaanbieder en selfhelp-ghoeroe het dié dissiplinewenke saamgestel met die hulp van riglyne van die Amerikaanse Akademie van Gesinsdokters:

Koester realistiese verwagtinge van jou kind. Maak seker die gedrag wat jy van hom vra, is binne sy bereik. As dit nie is nie, sal hy net gefrustreerd raak en ál minder na jou luister.

Stel vas waaraan hy waarde heg. Is dit 'n spesifieke speelding, aktiwiteit of 'n voorreg soos om later wakker te bly? As jy dit weet, kan jy dié kennis inspan vir dissipline deur die kind dit te ontneem.

Voorspelbare gevolge. Kinders moet verstaan dat dieselfde gedrag tot dieselfde gevolge sal lei. Laat jou kind voel hy het beheer oor sy lewe: As hy gedrag A kies, moet hy seker wees dit sal altyd lei tot gevolg A.

Gebruik kinderlogika. Verduidelik waarom jy hom vra om op 'n sekere manier op te tree – die kanse is goed dat hy dieselfde redenasie in ander situasies ook sal kan aanwend.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.) – Herfs 2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE