Share

Ongelukkige kinders wend hulle tot seks en alkohol

accreditation

’n Studie wat in BioMed Central se ope-toegang-joernaal Substance Abuse, Treatment, Prevention and Policy, gepubliseer is, het bevind dat beide leerders se algemene welstand en hulle tevredenheid met hul skool met die voorkoms van riskante gedrag geassosieer kan word. 

Professor Mark Bellis het saam met ’n span navorsers van die Centre for Public Health, Liverpool John Moores University, saamgewerk om dié studie op meer as 3500 11 tot 14-jaar-oue kinders, van 15 skole in die Noordweste van Engeland, uit te voer. Hy sê dat die kanse groot is dat kinders wat reeds op 13-jarige ouderdom alkohol gebruik, ook alreeds seks gehad het. 

“Hoe meer hulle drink, hoe hoër die risiko vir vroeë seksuele aktiwiteit. Ons het egter in hierdie gevalle die verhoudings bestudeer tussen nie alleen alkoholgebruik en seksuele gedrag nie, maar ook tot watter mate hierdie gedrag deur hulle gevoelens oor hulle lewe by die skool en tuis beïnvloed word.”   

Hoe gelukkig is kinders?  

Die skrywers het die algemene welsyn onder kinders bepaal deur middel van vra oor hoe gelukkig hulle oor hulle voorkoms is, hoe goed hulle met hulle ouers klaarkom, of hulle voel hulle kan hulself laat geld en of hulle dikwels berou voel. Skoolgeassosieerde welsyn is geassesseer deur vrae te vra oor hulle gevoelens oor hulle skool, hoe hulle onderwysers hulle behandel en hul houding teenoor skoolreëls. 

Volgens die outeurs dui die studie aan dat kinders wat duidelik nie van hulle skool hou nie, ’n 2.5 keer hoër kans het om in ’n seksuele verhouding betrokke te wees. Misnoeë met hul skool was ook ’n goeie voorspeller van alkoholgebruik.  

In sy kommentaar oor die resultate sê Professor Bellis: “Ons studie identifiseer die neiging dat kinders wat drink en seksueel aktief is, minder tevrede met hulle lewe op skool en tuis is. Sulke kinders kan hulself onttrek van beide hulle familie en opvoedkundige situasie, en loop die gevaar om probleme soos seksueel-oordraagbare siektes en tiener-swangerskappe op te doen, of selfs, as gevolg van alkoholmisbruik, by die ongevalle-eenheid van ’n hospitaal te beland."

"Hierdie studie stel dit duidelik dat konvensionele opvoedkundige en ouerlike roetes dikwels die moeilikste manier is om tot dié kinders wat ons ondersteuning die nodigste het, deur te dring.”

- (EurekAlert, Health24, November 2010)

Lees meer:

Kuberboelies: is jou kind veilig?
Toksiese vriende a trippel-bedreiging
'n Dodelike partytjie?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE