Hierdie tyd van die jaar maak meeste van ons lysies van nuwejaarsvoornemens. Hoekom voeg jy nie ‘n paar by om jou ‘n meer effektiewe ouer te maak nie?
Hier is ‘n paar idees:
Wees ‘n goeie rolmodel:
Kinders is meer geneig om slegte of ongesonde gewoontes te hê as hulle ouers dit het. As jy self rook of onverantwoordelik optree soos om nie jou sitplekgordel te dra nie, is die kanse groot dat jou kind jou gedrag sal naboots.
Sorg ook dat jy ‘n rolmodel is van goeie gedrag soos om nie rassisties of neerhalend teenoor ander te wees nie, nie jou humeur te verloor nie en mededeelsaam te wees.
Lewe gesond:
Leer jou kind om gesond te eet en genoeg oefening te kry.
Dissipline:
Wees konsekwent en effektief. Moenie net op negatiewe gedrag fokus nie. Prys ook goeie gedrag.
Leer jou kind ken:
Maak tyd om met jou kind te gesels en hom of haar beter te leer ken.
Vra raad
As daar sekere aspekte van ouerskap is waarmee jy sukkel, moenie huiwer om raad te vra nie. Praat met ander ouers of kontak 'n diensorganisasie vir raad.