Share

Kosbare vrag

Die regte karstoeltjie kan jou kind se lewe red. Ons help jou om die beste een vir jou kleinding te kies
Deur Marinda Louw

Daar is net een manier waarop ’n kind veilig kan wees in ’n voertuig – vasgegord in ’n karstoeltjie van die regte grootte wat behoorlik ingesit is.

Dit kan dalk gerieflik wees om jou baba in jou arms te hou, maar wat gerieflik is vir jou, is dodelik vir jou baba.

As jy in ’n voertuig is wat teen 60 km/h beweeg en daar word skielik rem getrap of kom ’n botsing, sal die impak jou kind uit jou arms ruk.

En omdat ’n klein kindjie se kop die swaarste deel van sy lyf is, sal hy kop eerste die voorruit of paneelbord tref, wat ernstige kop- en breinbeserings tot gevolg kan hê.

“ ’n Karstoeltjie is ’n toestel wat lewens red en dis noodsaaklik dat dit altyd gebruik word. Deur vas te gespe, kan ’n mens beserings met tot 80 persent uitskakel*,” sê Nico Vermeulen, direkteur van die Nasionale Vereniging van Motorvoertuigvervaardigers (Naamsa).

Maar moenie dink karstoeltjies is net vir jou baba nie. In Suid-Afrika is meer as twee derdes van kinders wat beseer word omdat hulle nie vasgegespe was nie, ouer as twee jaar. Dis hoekom wetgewing in baie lande vereis dat kinders tot die ouderdom van twaalf jaar in ’n karstoeltjie vasgegespe word.


Beste vir babas onder 13 kg (van geboorte tot sowat dertien maande): leunstoeltjie bied meer rugondersteuning wys agtertoe kussing vir kopondersteuning drie- of vyfpuntharnas liggewig en draagbaar.
Koste: R550 tot R3 500


Die ideale stoeltjie vir babas én kleuters (0-18 kg): twee diagonale, opgestopte gordels kan agtertoe of vorentoe wys hoër gewigsbeperking verstelbare bande.
Koste: R340 tot R1 000


Vir ouer kinders (15 kg of meer): versterkte sitplek (booster seat) gebruik die voertuig se sitplekgordel gevormde rugleuning ekstra opstopsel vir gemak.
Koste: R340 tot R1 200

Gevaar
Onthou om nooit ’n karstoeltjie op die voorsitplek te plaas as jou voertuig lugsakke het nie, tensy die lugsak afgeskakel is.
Lugsakke ontplooi met groot krag en kan kinders beseer as hulle nie behoorlik vasgegespe is nie of as die karstoeltjie agtertoe wys.

Karstoeltjie-wenke

  • Koop slegs SABS-goedgekeurde stoeltjies. Kyk aan die onder- en agterkant vir die SABS of ECE (Europese standaarde) se kenteken.

  • Koop die sitplek volgens jou kind se gewig en grootte, nie volgens ouderdom nie. Sorg dat die kind knus in die sitplek pas. Die SABS het ’n lys van goedgekeurde stoele vir vyf gewigsgroepe wat wissel van stoeltjies vir babas onder 10 kg tot kinders wat 36 kg weeg.

  • Die meeste bekende gesins- en babawinkels verkoop slegs SABS-goedgekeurde karstoeltjies. Probeer dus om ’n stoeltjie by een van dié winkels te koop.

  • Selfs die beste karstoeltjies is nutteloos as dit nie behoorlik geïnstalleer is nie. Volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig.

  • Plaas die stoeltjie in die middel van die agtersitplek: Volgens die nuutste navorsing** is dit die veiligste plek in jou voertuig.

  • Indien jy ’n kleuter moet vervoer en jy het nie ’n karstoeltjie byderhand nie, laat hom op twee telefoonboeke sit en gordel hom vas met die motor se sitplekgordel.

* Suid-Afrikaanse statistiek oor motorongeluk-beserings is gegrond op navorsing van die Netcare-hospitaalgroep.
** Navorsing oor die posisie van karstoeltjies is gedoen deur Michael Kallan van die Philadelphia-kinderhospitaal in Amerika.

Als in een, mams Dié vindingryke kombinasie van stootwaentjie en karstoeltjie bied ouers meer gerief. Dit het ’n verwyderbare basis wat in jou kar geïnstalleer word en dan daar kan bly. Die drastoeltjie pas op die basis, dus kan jy jou kleinding oraloor karwei sonder om hom ooit uit die stoeltjie te haal. Maak seker dat die drastoeltjie stewig vas is: Wanneer jy dit op die basis pas, sal dit klik om te wys dit is vasgesluit.

Car crashes biggest child killer

Centre best for child safety seat

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE