Share

Die voordele van tweetaligheid

Tweetalige mense vaar beter in intelligensietoetse, logiese redenering en probleemoplossing, sê dr. Ronald van Toorn, 'n Kaapstadse neuroloog. Hier is nog 'n paar redes om meer as een taal te ken:

  • Navorsing wys die breinpaadjies wat jy ontwikkel om nuwe inligting in te samel, werk doeltreffender as jy jonk 'n tweede taal aanleer. Dis boonop 'n vermoë wat jou tot in jou oudag bybly en jou verstand jonk hou.
  • Op hoërskool- en tersiêre vlak en later het tweetalige mense meer inligting tot hul beskikking in die druk-, elektroniese en ander media oor byvoorbeeld vermaak, nuus en vir akademiese doeleindes.
  • Werkgeleenthede in internasionale sake- en regeringsondernemings vereis dikwels vaardigheid in twee of meer tale – veral 'n internasionale taal. Reisgeleenthede is ook soveel groter vir mense wat ekstra tale praat.
  • Interkulturele huwelike neem ál meer toe in Suid-Afrika. As jou ma van een kultuurgroep is en jou pa van 'n ander en jy kan met niggies en neefs aan albei kante in hul eie taal praat, word hegter familiebande gevorm. Om nie te praat van beter wedersydse begrip tussen verskillende kulture op die speelgrond nie.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE