Die meerderheid mans wat verkrag, doen dit die eerste keer reeds tydens adolessensie – die gemiddelde ouderdom is 17 jaar.
Dit is een van die bevindings wat voorgelê is deur dr. Gary Barker van Promundo tydens 'n vergadering oor die verhindering van seksuele teistering by die Sexual Violence Research Initiative (SRI) forum, wat verlede week in Kaapstad gehou word.
Volgens Barker moet ingrypingsprogramme op seuns en jong mans gemik word. In die meeste verarmde gemeenskappe het jong seuns meer as 41 uur per week tyd om in groepe/bendes rond te hang en hulle idees oor manlikheid uit te ruil, en te leer om die betekenis van toestemming te ignoreer ("nee" beteken "nee").
Wat lei tot verkragting?
Sprekers by die vergadering, insluitende prof. Rachel Jewkes en Lizle Loots van die Mediese Navorsingsraad (MNR), dr. Laura McCloskey, Universiteit van Illinois, en Wendy Knerr-Wolfson van die Universiteit van Oxford, het die volgende risiko/kwesbaarheid-faktore beklemtoon:
- seksuele teistering in die familie
- armoede
- dwelms en alkohol
- lidmaatskap van bendes
- waarneming van geweld tussen metgeselle tuis
- onsekere verhoudings en verwaarlosing
- sielkundige nood
- verminderde gemeenskapsverbondenheid
Wat gedoen moet word
Sprekers het stappe bepleit om trauma in die kinderjare te verhoed en familie-omgewings te versterk, insluitende ondersteuning vir geslagsgebaseerde geweldsvoorkoming en positiewe ouerskap. Daar moet ook meer gestruktureerde aktiwiteite vir tieners wees.
Barker, wat 34 verkragtingsvoorkomende bemiddelings geëvalueer het, sê dat daar bewyse is dat houdings wat verander nie noodwendig mense se gedrag verander nie. Die mees effektiewe en belowende programme is dié wat die volgende insluit:
- 'n fokus op die verandering van onderliggende geslagsnorme
- veelvuldige sessies in plaas van eenmalige sessies
- 'n nie-konfronterende en nie-beskuldigende houding teenoor volwasse- en jonger mans
- goed-opgeleide fasiliteerders met goeie kennis en 'n konneksie met die deelnemers
- betrokkenheid van ouers by skool-gebaseerde ingrypings
Die houding van omstanders ten opsigte van verkragting is dikwels net so wraaksugtig soos die verkragters se dade. Ingrypingsprogramme moet aksie deur omstanders in sulke situasies aanmoedig en duidelikheid oor die betekenis van toestemming deur middel van opvoeding bewerkstellig.
(Saamgestel deur Ilse Pauw, Health24, Oktober 2011)
Verdere inligting
Navorsing-inisiatief oor Seksuele Geweld
Vir meer inligting oor die konferensie, kontak Lizle Loots by lizle.loots@mrc.ac.za.