Share

Valse lof kan jou depressief maak

Om te probeer om jou selfbeeld ’n hupstoot te gee deur jouself te loof vir onvoldoende prestasie kan jou, om die waarheid te sê, depressief laat voel, volgens ’n nuwe studie. 

Navorsers het eksperimente met 295 Amerikaanse voorgraadse studente en 2 780 hoërskoolstudente in Hong Kong uitgevoer.

Hoë en lae presteerders het goed gevoel wanneer hulle hulself korrek geassesseer het, maar deelnemers wat hulle prestasie as heelwat beter as wat dit in werklikheid was, gewaardeer het, was meer geneig om depressief te voel.  

Die rede is waarskynlik omdat hoë presteerders hulle sterkpunte raaksien en swak presteerders daarenteen met hulle swakhede gekonfronteer word en weet dat hulle hul toekomstige prestasies moet verbeter, volgens die studie in ’n onlangse uitgawe van Journal Emotion.

"Hierdie bevindings daag die populêre opvatting uit dat self-ondersteuning en die voorsiening van positiewe prestasie-terugvoering aan swak presteerders voordelig vir emosionele gesondheid is.

Voordele van akkuraatheid

Die eintlike waarheid is dat ons resultate die emosionele voordele van akkurate self-assesserings en prestasie-terugvoering onderstreep,” sê hoofskrywer Young-Hoon Kim van die Universiteit van Pennsylvania in ’n nuusvrystelling deur die joernaal.

In een eksperiment het studente van Amerika en Hong Kong akademiese toetse geskryf en is gevra om hulle prestasie te beoordeel en met ander studente in hulle instansies te vergelyk. 

Agterna het die studente ’n vraelys ingevul om simptome van depressie te assesseer. Diegene wat hulle eie prestasie as beter as wat dit eintlik was, geassesseer het, het geneig om meer depressief te voel, volgens die studie.

" Angstigheid ná oormatige self-lof kom gewoonlik voor wanneer die werklike toedrag van sake aan die lig kom, en omdat onakkurate self-assesserings enige verbeterings in die wiele kan ry,” sê mede-outeur Chi-Yue Chiu van die Nanyang Tegnologiese Universiteit in Singapoer in die vrystelling. 

Die navorsers het ook gevind dat Amerikaanse studente meer geneig was om hulself te hoog te assesseer as Asiatiese studente. 

- (HealthDay, Oktober 2011)


(Kopiereg © 2011 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE