Share

Stresbeheer

'n Matige hoeveelheid stres is gewoonlik nie skadelik nie en kan selfs stimulerend wees. Oormatige stres kan egter sleg vir jou gesondheid wees en tot verswakte immuniteit lei.   

'n Basiese stresbeheerplan, gebaseer op notas deur Pierre Brouard:

  • Ken jouself. Vind uit wat jou "uitstres", leer om jou simptome te "lees", en ontwikkel jou sterk punte en werk aan jou swak punte.
  • Vermy stres. Wees op die uitkyk vir die waarskuwingstekens en luister na jou liggaam.  
  • Kry beter beheer oor jou lewe. Organiseer jou tyd, stel realistiese mikpunte en aanvaar verandering.  
  • Eet goed en gereeld, en maak seker jou maaltye is voedsaam. Moenie op 'n drafstap eet nie.  
  • Kry 'n redelike hoeveelheid oefening en vind 'n aktiwiteit waarvan jy hou. Onthou, oefening is 'n natuurlike antidepressant.
  • Werk aan jou verhoudings. Leer om jouself te laat geld, maar sonder aggressie, en kommunikeer effektief. Los konflik en probleme op 'n konstruktiewe manier op.
  • Verstaan die stres in jou werksituasie. Vind uit wat jy kan verander en wat nie, en probeer om dinge binne 'n groter raamwerk te sien. Aanvaar dat konflik binne groepe normaal is.
  • Aanvaar dat jy net 'n mens is. Wees minder krities teenoor jouself. Aanvaar jouself. Aanvaar ook dat daar dinge is wat jy kan doen en dinge wat jy nie kan doen nie.  
  • Rus 'n bietjie. Doen lekker dinge. Neem tyd om jouself te bederf. Dit is in die haak om elke nou en dan net niks te doen nie.  
  • Gee aandag aan jou siel. Mediteer en bid. Voed jou gees. Koester jou verhouding met jouself en ander mense.

(Health24, hersien Januarie 2009)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE