Share

Onbeskofte kollegas beïnvloed huislewe

'n Kollega se onbeskoftheid kan 'n aansienlike invloed op verhoudings ver van die werkplek hê, volgens 'n studie deur Baylor Universiteit wat aanlyn in die Journal of Organizational Behavior gepubliseer is.

Bevindings dui aan dat stres wat deur onbeleefdheid veroorsaak word so intens kan wees dat dit aan die einde van die dag deur die werker "saam huis toe" geneem word en 'n nadelige uitwerking op die werker se familie en metgesel kan hê, wat die stres op hul beurt met húlle saamneem.

"Werknemers wat sulke onaangenaamheid by die werk ervaar, bring die stres huis toe, saam met die negatiewe emosies en gevoel van verwerping, wat dan selfs verder uitkring as die familie – dit veroorsaak selfs probleme vir die persoon se metgesel by die werk," sê Meredith J. Ferguson, Ph.D., skrywer van die studie en assistent professor van bestuur en entrepreneurskap by die Baylor University Hankamer School of Business.

"Hierdie navorsing beklemtoon hoe belangrik dit is om onbeleefdheid stop te sit vóór dit begin sodat die uitkring-effek van onbeleefdheid nie 'n uitwerking op die werknemer se familie het nie – en moontlik buite die werkplek waar die insident plaasgevind het skade doen deur na die werkplek van die metgesel oorgedra te word," sê sy.

Verder, aangesien die werker met meer stres en minder fokus huis toe kom, is daar die moontlikheid dat die persoon se metgesel meer van die familie se verantwoordelikhede moet oorneem en dat daardie ekstra lading die metgesel se werk-lewe mag beïnvloed. Die studie het ook bevind dat hierdie soort stres 'n merkbare uitwerking op die werker en sy/haar metgesel se huweliksgeluk het.

Studie oor onbeskoftheid op kantoor

Die studie het 190 werkers en hulle metgeselle ingesluit. Werkers was voltyds aangestel, het medewerkers gehad, asook 'n werkende metgesel wat ingestem het om ’n aanlyn opname te voltooi. Na die opname voltooi is, moes werkers hulle metgeselle vra om ’n aparte opname te voltooi.

Die gekombineerde reaksies op die aanvanklike kontakpersoon en sy/haar metgesel is as een voltooide antwoord op die databasis beskou. Ongeveer 57% van die werker-steekproef was manlik, met ’n gemiddelde ouderdom van 36, terwyl 43% van die metgesel-steekproef manlik was, met 'n gemiddelde ouderdom van 25. 75% van hierdie pare het kinders in die huis gehad.

"Anders as die studie oor die uitwerking van onhoflikheid by die werk, is die studie van die impak daarvan op die familie nog in sy kinderskoene. Hierdie bevindings beklemtoon egter die konsep dat organisasies die verreikende gevolge van onbeleefdheid deur medewerkers moet besef, asook die impak daarvan op werknemers en hulle families," sê Ferguson.

"Een benadering wat hierdie stres kan voorkom, mag wees om werkers aan te moedig om ondersteuning deur middel van hulle organisasie se werker-hulpprogram te bekom, of ander hulpmiddels te gebruik, soos berading of stresbestuur, sodat taktieke of meganismes om die effek van die stres van onbeleefdheid op families te buffer, geïdentifiseer kan word," sê sy.

(EurekAlert, Augustus 2011) 

Lees verder:
Hoofpyn en die werkplek

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE