Share

Meer depressie in ryk lande

Volgens navorsers wat sosioëkonomiese omstandighede met depressie vergelyk het, is vlakke van depressie hoër in ryker lande as in lande met ’n lae of gemiddelde inkomste.

Ongeveer 121 miljoen mense wêreldwyd ly aan depressie, ’n toestand wat mense se lewenskwaliteit kan benadeel deur hulle vermoë om te werk en verhoudings op te bou, te affekteer. Erge depressie kan tot selfmoord lei, en veroorsaak inderdaad 850,000 sterftes per jaar.

Indringende onderhoude met meer as 89,000 mense in 18 lande het onthul dat 15% van mense in hoë-inkomste lande ’n goeie kans het om gedurende hulle lewens aan depressie te ly, vergeleke met 11% van diegene in lae- of gemiddelde inkomste lande. Ongeveer 5.5% van mense in hoë-inkomste lande het gedurende die voorafgaande jaar ’n depressiewe episode gehad.

Hoë-inkomste lande het hoër vlakke van major depressie getoon (28% vs. 20%), en besonder hoë vlakke (hoër as 30%) is in die VSA, Frankryk, Nederland en Indië aangetref. China het die laagste vlak van major depressie gehad (12%).

Die navorsers het egter gevind dat die gemiddelde ouderdom wanneer depressie begin byna twee jaar vroeër in lae-inkomste lande was.  

Meer vroue ly aan depressie

Vroue het ’n twee keer hoër kans as mans om aan depressie te ly, en die hoofoorsaak is die verlies van ’n metgesel as gevolg van dood, egskeiding of skeiding van tafel en bed.

Die studie wat in die joernaal BMC Medicine gepubliseer is, is gedoen deur navorsers by 20 sentrums in samewerking met die Wêreld Gesondheidsorganisasie se World Mental Health Survey Initiative.

"Ons het getoon dat depressie ’n belangrike openbare gesondheidsorg-kwessie dwarsoor die wêreld is en gekoppel kan word aan maatskaplike toestande. ’n Begrip van die patrone en oorsake van depressie kan globale inisiatiewe bystaan om die impak van depressie op individuele lewens te verminder en die las op die gemeenskap te verlaag,” sê Evelyn Bromet van die State University of New York in Stony Brook.

Meer inligting:

The U.S. National Institute of Mental Health het meer inligting oor depressie.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE