Share

Ly jy aan ipekonders?

Dis laat in die nag en jy lê al weer wakker oor daardie vreemde maagpyn wat jy elke paar weke kry. Kan dit 'n maagseer wees? Miskien kanker? Hoe sal jou gesin sonder jou klaarkom?

Maar jy was reeds dokter toe – verskeie kere. En beide sy en die spesialis het jou verseker jy's honderd persent. So elke nou en dan kry jy bietjie slegte spysvertering, maar niks ergers nie. Jy is egter seker hulle is albei verkeerd.

Jy het ook alreeds jou testament opgestel, al jou kaste skoongemaak en jou kinders se name geplak onderaan die meubelstukke wat jy wil hê hulle moet kry. Want jy is seker jou lewe staan einde se kant toe. Is dit 'n sesde sintuig, of ly jy net aan ipekonders?

Wat is ipekonders?
Mense wat aan hipochondrie ly, is obsessief gefokus op hulle fisiese gesondheid. Vir minstens ses maande al is die persoon heeltemal oortuig dat hulle ernstig siek is, ten spyte van die feit dat dokters hulle verseker dat daar nie fout is nie. Hierdie obsessie beïnvloed hulle daaglikse lewe, hulle verhoudings en lei dikwels tot allerhande onnodige en duur mediese behandelings.

Hipochondrie kom ewe veel onder mans en vroue voor en word onder alle ouderdomsgroepe en ekonomiese klasse gevind.

Hipochondrielyers het 'n geneigdheid om gewone fisiese simptome verkeerd te interpreteer. Hoofpyne is 'n goeie voorbeeld hiervan. Iemand wat nie 'n hipochondrielyer is nie, sal eenvoudig 'n hoofpynpil drink en vergeet daarvan, maar 'n hipochondrielyer sal vas oortuig wees daarvan dat dit die eerste tekens van 'n breingewas is.

So ly jy aan ipekonders? Vul ons vraelys in en vind uit!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE