Share

Lewe met Asperger se sindroom

Daantjie het vanaf ‘n jong ouderdom geweet hy is anders as sy maats, maar hy het eers later in sy lewe verstaan hoekom dit so is. In sy jong dae was daar nie juis veel bewustheid van die toestand waarmee hy later gediagnoseer sou word nie.

Hy het ‘n psigiater gesien vandat hy tien jaar oud was, tot hy sy skoolloopbaan voltooi het. Dit was aanvanklik vir hom moeilik om vriendskappe aan te knoop, alhoewel die meeste van die vriende wat hy wel gehad het, lojaal teenoor hom was. Sy skooljare was moeilik, aangesien hy geweet het dat hy anders was. Hy het later bekendheid verwerf as wenner van die 24ste reeks van Noot vir Noot en Flinkdink op SABC2.

Daantjie het Asperger se sindroom, die onderwerp van gisteraand se episode van 'n Lewe met... op kykNET.

Jonathan Hartman is as jong seuntjie toevallig gediagnoseer deur Dr. Paul de Wet, wat ook ‘n gas in die ateljee gaan wees. Hy het sosiaal gesukkel en op elfjarige ouderdom is sy ouers meegedeel dat hy nie verder formele onderrig kan ontvang nie. Sy ma het egter geweier om bes te gee en het hom by ‘n spesiale skool ingeskryf. Hier het hy eendag toevallig in ‘n wiskundeklas vir ouer kinders beland en ‘n wiskundeprobleem opgelos wat eintlik ver bo sy vuurmaakplek was. Dit is toe dat sy ma besef het Jonathan het ‘n besonderse aanvoeling vir wiskunde en wetenskap. Hy het sedertdien ’n B.Sc-graad in Fisika asook ’n honneurs- en meestersgraad cum laude aan die Universiteit van Johannesburg behaal en is tans besig met sy doktersgraad. Hy werk ook voltyds as navorser by die universiteit. 

Meer oor Asperger se sindroom

Hierdie sindroom het ooreenkomste met die klassieke simptome van outisme, naamlik lae kommunikasievlakke en sosiale interaksie, asook stereotipiese en repeterende gedrag. Tog is daar ‘n laer vlak van gestremdheid by Asperger se sindroom teenwoordig as by ander toestande in die outismespektrum.

 Ten spyte van hulle normale en in sommige gevalle geniale intelligensievlakke vind mense met Asperger se sindroom dit moeilik om aanvaarbare sosiale gedrag aan te leer. Dit lei daartoe dat hulle baie keer nors of taktloos kan wees en moeilik vriende maak. Hulle het ook soms ‘n onvermoë om wenke te snap, om geheime te hou of om metafore, ironie en humor te verstaan. Hulle eie nieverbale kommunikasie is dikwels onvanpas vir die spesifieke situasie en hulle druk hulleself moeilik uit. Persone wat met Asperger se sindroom leef, se persoonlike ruimte is baie klein, hulle praat hard en maak nie oogkontak nie.  

Baie mense met Asperger se sindroom leef vol, suksesvolle lewens en het die uitdagings oorkom wat deur die sindroom aan hulle gestel is. Hulle word as waardevolle lede van die samelewing en werksomgewing gesien.

Asperger se sindroom A-Z

Lees Health24 se omvattende artikel oor Asperger se sindroom.

Vra 'n kenner

Vra 'n vraag op ons Outismespektrumkenner se forum.

Ondersteuningsgroepe

Association for Autism
Tel: 012 993 4628

E-pos: afautism@iafrica.com

Webwerf: www.autismassociation.org

 Autism South Africa

Tel: 011 484 9909

E-pos: info@autismsouthafrica.org

Webwerf: www.autismsouthafrica.org

Medihelp se DVD-reeks

 Die “’n Lewe met”-reeks is geskoei op Medihelp se gewilde dokumentêre DVD-reeks “Living With” wat oor 13 verskillende geestesiektes handel. Diepte-inligting word verskaf oor die toestande en die invloed wat dit het op die mense en hulle familielede wat daarmee saamleef. Elke DVD in die reeks sluit ook ‘n inligtingsgids in wat meer inligting oor elke toestand en ondersteuningsgroepe bevat. Die DVD’s kos R189 elk en kan bestel word op hulle webwerf  www.medihelplivingwith.co.za.

(Medihelp en Health24, November 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE