Share

Laerskoolvriende beïnvloed punte

Volgens 'n nuwe studie behaal leerders wie se vriende sosiaal positief optree beter punte as dié met vriende wat hulle sleg gedra.

Die skrywers van die studie het verder vasgestel dat interaksie met "pro-sosiale" vriende en die vermyding van afwykende vriende met selfs hoër punte geassosieer word as om bloot vriende te wees met leerders wat goed presteer.

Die studie van die Universiteit van Oregon het 1,278 leerders betrek wat gevra is om hulle drie beste vriende te noem. Die navorsers het daarna die akademiese- en gedrag-rekords van hierdie vriende bestudeer.

Die bevindings toon dat daar gedurende die middel-skooljare " 'n omvangryke leerproses plaasvind waaraan geen aandag geskenk word nie," sê mede-outeur van die studie, Thomas J. Dishion, direkteur van die Child and Family Centre en 'n professor van skoolsielkunde, in 'n nuusverklaring deur die universiteit. 

Ouers moet oplet met wie hulle kinders vriende is.

"Puberteit is aan die gang en die brein verander vinnig. Kinders se breine is daarop ingestel om hulle sosiale omgewing te "lees" om vas te stel hoe hulle inpas – en die skool is die arena waar dit plaasvind."

Die navorsers het voorgestel dat ouers en onderwysers op hierdie ouderdom "spesiale aandag skenk" aan veranderinge in leerders se vriendskappe.

"Ouers moet oplet wat hulle kinders doen en met wie hulle tyd deurbring," sê mede-outeur van die studie, Marie-Helene Veronneau, ook van die Child and Family Centre.

"As ouers agterkom dat daar 'n verskuiwing in hulle kind se vriendskapnetwerk is, moet hulle probeer om hierdie kinders te leer ken, met hulle onderwysers te praat en op 'n natuurlike manier met hul eie kinders te gesels oor waarheen hulle oral gaan en hoe laat hulle huis toe kom," stel sy voor.

Die navorsers lê ook klem daarop dat ouers kinders help om by aktiwiteite waaroor die ouers toesig hou, betrokke te raak omdat dit kan help om "pro-sosiale" verhoudings aan te moedig. Die studie is in die Journal of Early Adolescence gepubliseer.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE