Share

Kry hier hulp

Toets jouself Stel vas of jy dalk 'n lyer is deur die WGO se volledige selftoets te doen by www.nyuepilepsy.org/psych/assets/adhd-screen18.pdf. Neem die toets na jou dokter vir 'n evaluasie.

Leesstof Die boek Driven toDistraction deur John J. Ratey en Edward M. Hallowell (Touchstone Books).

Webtuistes www.health24.com, www.sadag.co.za, www.adhdsupport.co.za, www.chadd.org, www.add.org.

Volwasse AGHS word baie suksesvol op verskillende vlakke behandel: met medikasie, terapie en leefstylveranderinge.

As jy kan, probeer by ’n sielkundige of psigiater met ervaring van volwasse AGHS uitkom. Kinderpsigiaters het dikwels die meeste kennis!

Medikasie Die medikasie is soortgelyk aan wat vir kinders voorgeskryf word: stimulante soos Ritalin en Concerta, die nie-stimulant Strattera, en soms middels wat tegelyk antidepressant en stimulant

is, soos Wellbutrin. Die middels help met konsentrasie en beveg hiperaktiwiteit.

Die sielkundige Peter Collis vertel een van sy pasiënte het elke aand werk huis toe geneem en tot ná tien daarmee gesit. Nadat hy Ritalin begin drink het, was hy halfvyf smiddags klaar gewerk.

Terapie Terapeute kan jou help om stres en angstigheid te oorkom. Jou selfbeeld sal dalk ook afgestof moet word, want baie lyers blameer hulself vir dinge wat weens AGHS skeefloop. Jy sal waarskynlik ook vaardighede moet leer soos konflikhantering, woedebeheer en organisering.

Leefstyl Gesonde eetgewoontes en genoeg fisieke oefening is lewensbelangrik om AGHS beter te hanteer. 'n Lae-GI-dieet word aanbeveel, asook omega-3-aanvullers. Die belangrikste is om ingelig te wees. "Daar's geen rede waarom 'n mens nie normal kan lewe met AGHS nie," sê lyer Kim Coppen met 'n wysheid wat uit ervaring spruit. "Maar jy moet die toestand verstaan. Dan sal jy die patrone begryp, die simptome herken wanneer dit kop uitsteek en dit daar en dan hanteer."

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE