Share

Kredietkoop gee ego 'n hupstoot

Wanneer mense 'n ego-hupstoot nodig het, koop hulle volgens nuwe navorsing dikwels hoë-status items, en gebruik 'n kredietkaart om vir dié duur items te betaal.

In die studie het vrywilligers 'n betekenislose rekenaartoets afgelê. Daar is aan party van die deelnemers gesê dat hulle sleg in die toets gevaar het, met die aanduiding dat hulle nie baie slim is nie, en aan die res is daar gesê dat hulle goed gedoen het.

Al die vrywilligers is toe gevra hoe hulle vir 'n verbruikersproduk wat hulle wou koop, sou betaal. Die navorsers het gevind dat die mense wie se ego's gekneus is se neiging om 'n kredietkaart te gebruik, baie hoër was.

In 'n ander eksperiment is 75 universiteitstudente gevra om dit te oorweeg om 'n paar eksklusiewe, hoë-status ontwerpers-jeans te koop, terwyl 75 ander studente gevra is om normale, alledaagse jeans te oorweeg. Al die studente het daarna die rekenaartoets gedoen met óf 'slegte' óf 'goeie' uitslae.

Kredietkaarte teenoor kontant

Studente wat aan die duur jeans gedink het en gehoor het dat hulle sleg in die rekenaartoets gevaar het, het laat blyk dat hulle bereid sou wees om 30% meer vir die hoë-status jeans te betaal en die waarskynlikheid dat hulle sou aandui dat hulle 'n kredietkaart sou gebruik om vir die jeans te betaal, was 60% hoër.

Studente wat alledaagse jeans oorweeg het en wat gehoor het dat hulle sleg gevaar het, was nie gewillig om meer vir die jeans te betaal nie en was ook nie meer geneig om 'n kredietkaart in plaas van kontant te gebruik nie, volgens die navorsers Niro Sivanathan van die London Business School en Nathan Pettit van Cornell University.

Die studie word in 'n toekomstige uitgawe van die joernaal Social Psychological and Personality Science gepubliseer.

Volgens die outeurs van die studie is dit normaal dat mense luukse items begeer nadat hulle ego bedreig is omdat sulke items hulle kan gerusstel oor hulle intrinsieke waarde. En hulle is meer geneig om 'n kredietkaart te gebruik omdat om kontant uit te gee, hulle onseker kan laat voel, verduidelik die navorsers.

Die nuusvrystelling berig verder dat die studies deel is van 'n sielkundige ondersoek oor hoe 'n onverskillige uitleenbeleid – hoë-rente lenings wat byvoorbeeld op laer-inkomste verbruikers gemik is – verreikende gevolge kan hê.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE