Share

Klets goed vir selfbeeld

'n Nuwe Britse studie beweer dat klets wél sekere voordele inhou, ten minste vir diegene wat vir die geklets verantwoordelik is.

Mense wat klets, voel dat hulle meer ondersteuning geniet en "positiewe" geklets (wanneer 'n ander persoon byvoorbeeld geprys word) mag volgens die navorsers van Staffordshire Universiteit in die Verenigde Koninkryk die kletskous se selfbeeld selfs 'n korttermyn hupstoot gee.

Die studie

In die studie het Jennifer Cole en Hannah Scrivener die antwoorde van160 deelnemers bestudeer wat vraelyste ingevul het wat navraag gedoen het oor hulle neiging om te klets en skinder, hulle selfbeeld, sosiale ondersteuning en algemene tevredenheid met die lewe. Hoër vlakke van klets is geassosieer met 'n gevoel van groter ondersteuning, maar is nie met selfbeeld en tevredenheid met die lewe geassosieer nie.

Volgende het die navorsers 140 mense gevra om óf negatiewe óf positiewe dinge oor 'n fiktiewe persoon te sê. Diegene wat positiewe dinge gesê het, het beter oor hulself gevoel as dié wat slegte dinge gesê het.

" 'n Geklets word gewoonlik as iets slegs beskou. Ons bevindings dui aan dat party vorms van klets – veral dié wanneer mense ander mense loof – met sekere positiewe uitkomste vir die kletskous geassosieer kan word, ten spyte van die feit dat klets of skinder oor die algemeen nie in 'n positiewe lig beskou word nie," sê Cole in ’n British Psychological Society nuusvrystelling.

Die bevindings is by 'n British Psychological Society konferensie aangebied.

(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte word voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE